TV Plus (Afrikaans)

Liefde in die tjoekie

Daar’s passie en ander probleme agter tralies vir die kriminele superster Yolanda en die twee mans in haar lewe.

-

Prisoners Of Love Weekdae Telemundo (*118) 21:00 (begin Maandag 5 Februarie)

As daar een ding is wat Yolanda Acosta (Ludwika Paleta) beter as misdaad doen, is dit om haarself uit die tronk te wikkel. En dit kom goed te pas in die nuwe telenovell­e Prisoners Of Love (2016-nou). Yolanda, ’n ontsnapte gevangene, se vryheid kom tot ’n einde in episode 1 op Maandag 5 Februarie wanneer speurder Gerardo (Michel Brown) haar vastrek, boei en terugsleep tjoekie toe. Maar dis nie Yolanda se grootste kopseer nie: hierdie keer word sy na die berugte manstronk San Fernando gestuur. “Gelukkig” huisves die maksimumse­kuriteitsf­asiliteit ook 15 ander baie gevaarlike en slegte vroue wat altyd nog ’n paar hande nodig het in hul stryd teen die manlike tronkvoëls.

“Dis ’n ongeloofli­ke storie,” verduideli­k Ludwika, en voeg by “dit gaan oor meer as ’n misdadiger wat toegesluit word. Yolanda soek haar vryheid sodat sy by haar dogter kan uitkom. En sy gee nie om hoe sy dit regkry nie.”

Dis reg in die kraal van die dwelmbaas-gevangene El Centauro (Humberto Zurita), wat op die nuwe aankomelin­g verlief raak en vergeet hy’t ’n vrou by die huis. “Yolanda is sy nuwe minnares en dit gee haar voordele,” vertel Ludwika. “Soos toegang tot El Centauro se ontsnappla­n. Sy is die ‘koningin’ van San Fernando.” Maar haar verblyf gaan nie lank wees nie – teen Woensdag 14 Februarie is vryheid in sig, maar dit kom teen ’n prys en plaas Yolanda in ’n moeilike posisie: gaan voort met El Centauro se plan of aanvaar Gerardo se aanbod . . .

GEVAARLIKE GEVANGENES

El Centauro beheer die tronk vanuit sy sel. Hy kry wat hy wil hê hoe en wanneer hy dit wil hê. Selfs die bewaarders vrees die dwelmbaas se wraak en dis hoekom hy toegelaat word om met moord weg te kom terwyl hy sy vonnis uitdien. Hy’s dadelik verlief op Yolanda, maar dis meer wellus en hoe sy vir hom van nut kan wees as ware liefde.

Tania Munoz (Irene Azuea) is Yolanda se groot vyand in San Fernando. Sy is jonk, mooi en vasberade, nes Yolanda. Tania weet ook hoe om te kry wat sy van die wagte wil hê, en sy tree daadwerkli­k op wanneer sy sien haar titel as “die skoonheid agter tralies” word bedreig. Dit beteken nie sy’t nie ’n menslike kant nie – jy moet net diep delf om dit te vind.

Vicente (Pablo Abitia) is ’n tronkbewaa­rder met teenstrydi­ge gevoelens. Hy bewonder El Centauro en misbruik sy magsposisi­e om die vrouegevan­genes te beheer. Hy lyk op die oog af gemeen, goor en kru, maar Tania sien meer in hom en gebruik sy liefde vir haar tot haar voordeel, veral as dit beteken sy kan Yolanda troef.

BUITE DIE TRONKMURE

Speurder Gerardo hardloop moeilikhei­d tegemoet eerder as weg daarvan, en hy skiet eers en vra dan vrae. Die benadering pas hom goed as ’n polisieman bedags, maar snags is hy baie versigtige­r met sy speurwerk. Hy soek al die afgelope sewe jaar na sy broer se sluipmoord­enaar, en sedert Yolanda sy pad gekruis het, is hy nader daaraan – maar dit beteken nie wraak op El Centauro gaan maklik wees nie.

Cristina Acosta (Arantza Ruiz) is Yolanda se 13-jarige dogter en is haar “hele wêreld”. Die tiener woon die afgelope ses jaar by haar oumahulle terwyl Yolanda in die tronk was voor sy ontsnap het. Dis ’n situasie wat Yolanda moeilik verduur, want haar ma is soos “die bose koningin in ’n feëverhaal”, lag Ludwika. Mariela Acosta (Carmen Madrid) is Yolanda se ma, en ma en dogter het glad nie ’n goeie verhouding nie. Yolanda het grootgewor­d as Mariela se slaansak ná haar twee ouer sibbes vermoor is, en Mariela het selfs “die dogter wat sy nie wou hê nie” probeer verkoop, verduideli­k Ludwika. “Yolanda wil haar kind terughê en sy sal enigiets doen om haar van Mariela weg te kry.”

 ??  ?? Gerardo (links) en Yolanda (regs) het El Centauro om verskillen­de redes nodig.
Gerardo (links) en Yolanda (regs) het El Centauro om verskillen­de redes nodig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa