TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Ridge bring Hope terug na LA (Annika Noelle vervang Kim Matula as Hope), maar al is Brooke verheug, kry Hope en Rick gou stry. Katie wonder wat sy moet doen noudat sy van Steffy en Bill se fling weet, en Liam vertel Wyatt sy pa het by sy vrou geslaap. Katie konfrontee­r Bill omdat hy Liam verraai het en gesinne uitmekaard­ryf, en Liam vra Steffy hoe hulle die toesig van hul ongebore baba gaan hanteer. Sally sê is verlief op Liam, en daar is ’n epiese konfrontas­ie wanneer Ridge uitvind Bill het ’n affair met Ridge se dogter gehad.

DAYS

Vivian en haar stille vennoot Andre vier hul sukses van die beheeroorn­ame van DiMera Enterprise­s deur Vivian en Stefano se geheime biologiese seun – Stefan O DiMera. Stefan en Abby sien mekaar per ongeluk kaal, en die mans van Black Patch word aangestel om Stefan se verlede te ondersoek; boonop het Anna ook ’n versoek vir hulle. Gabi bots met haar nuwe baas Stefan, Chloe snuffel rond in Eve en Brady se sake, en Brady vertel Victor van sy plan om Eve te vernietig. Lani is swanger – maar die pa kan JJ of Eli wees – en Theo verlaat Salem om oorsee behandelin­g te kry.

Y&R

JT hou slegte nuus vir homself, en Cane se plan om ná hul soen met Lily herenig te word tref ’n struikelbl­ok. Abby vra Sharon om haar te vergewe nadat Sharon van haar fling met Scott uitgevind het, en iemand wil wraak neem op Ashley. Traci moet die vrede tussen Graham en Jack bewaar nadat Graham sy volmag oor Dina gebruik het, en Traci vra Paul om te keer dat Graham en Jack baklei. Jack speel vuil en onthul ’n skokkende geheim wanneer hy Graham dagvaar oor Dina se versorging, Nikki en Victor blom in hul nuwe vennootska­p, en Tessa reik na Mariah uit.

 ??  ?? Stefan O is die nuwe DiMera in die dorp.
Stefan O is die nuwe DiMera in die dorp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa