TV Plus (Afrikaans)

FOUTLOSE VERTONING

-

’n Produksie soos Dancing With The Stars SA word nie oornag aanmekaarg­eslaan nie. Dit neem maande van beplanning, honderde ure van stelle bou en ure en nogmaals ure se oefening deur die sterre. Hier is ’n paar feite wat jy waarskynli­k nooit oorweeg het om te vra nie. Voor elke episode geskiet word, 1 is daar repetisies op die stel sodat celebs gewoond kan raak aan die dansvloerr­uimte en hoe die musiek van die regstreeks­e band gaan klink wanneer hulle dans. Die beoordelaa­rspaneel is versig2 tig gekies, net soos die deelnemers en hul dansmaat, sê die produksies­pan, wat byvoeg “elkeen van ons beoordelaa­rs was al jare lank op ons radar [ook vir ander vertonings] en

ons is verheug met die kenners wat ons het”. Die stel word The Dancing With 3 The Stars SA Dome genoem en is in Hyde Park Corner in Johannesbu­rg se noordelike voorstede. Dis byna ten volle plaaslik gebou, maar die stelontwer­pers het materiaal en ’n paar artikels van oorsee gekry. Die profession­ele dansers het 4 kaste vol blink uitrusting­s, maar nie die celebs nie. Die vervaardig­ers het ’n kostuumspa­n wat dag en nag werk aan celeb-uitrusting­s. Wat die titel betref, SA kykers 5 ken Strictly Come Dancing, dus het M-Net die Dancing With The Starsnaam behou om dit van die Strictlyre­eks te onderskei. “En nou kan M-Net sy eie aanpassing­s maak en die reeks ’n SA geurtjie gee,” sê Kee-Leen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa