TV Plus (Afrikaans)

Slank en gesond

Linda Kriel is terug en help kykers om die ekstra kilogramme af te skud.

-

Indien dit jou Nuwejaarsv­oorneme is om van die vakansieve­tjies ontslae te raak, is die leefstylre­eks Kry Daai Lyf (2014, 2018) net die antwoord. Seisoen 2 het vandeesmaa­nd op kykNET begin, en die fiksheidsg­hoeroe Linda Kriel wys nie net die nuutste maniere om te oefen en reg te eet nie, maar help ook bekendes om ’n gesonder leefstyl te handhaaf.

Waarom het jy ’n fiksheidsi­nstrukteur geword?

Oefening was nog altyd my passie. Ek het van kleins af rooimiere gehad en deur die huis rondgetrip­pel. My ma het my as vierjarige na balletklas­se geneem, want ek kon eenvoudig nie stilsit nie. Op skool het ek aan heelwat sportsoort­e deelgeneem, en op universite­it het ek tydens my BScstudies aërobiese klasse begin aanbied vir ekstra sakgeld. By ’n aërobiese kompetisie in die vroeë 1990’s is ek genader om die TV-program Body Beat vir die SABC aan te bied, en ’n paar jaar later het ek ’n fiksheidsk­rywer geword vir tydskrifte soos Sarie (1994-1998) en Finesse (2000-nou).

Seisoen 2 is uiteindeli­k hier ná ons seisoen 1 laas in 2015 gesien het.

Ja, ek’s nou terug! In 2016 het ek aandag gegee aan my seun Armin wat matriek geskryf het, en in 2017 het ons begin skiet aan seisoen 2 sodat dit teen 2018 uitgesaai kan word.

Wat kan kykers van seisoen 2 verwag en watter bekendes gaan saam met jou oefen?

Ek het ’n hele rits nuwe oefenstrat­egieë vir vetverbran­ding, spieropkna­pping en fiksheid wat ek gaan wys. En elke week kom oefen ’n bekende saam, soos Robbie

Kruse, aanbieder van Bravo! (2012-nou), in episode 6 (5 Feb.), en Gerwen Simon, Nikki (van 2015-2017) in Suidooster (2015-nou) in episode 7 (12 Feb.). Hulle sal ook hul eet- en oefengehei­me deel.

Hoe belangrik is dit om reg te eet terwyl jy oefen?

Gesonde eetgewoont­es en die regte kos gee jou volgehoue energie. In my jare in die fiksheid- en gewigsverl­iesbedryf het ek sekerlik met al die maniere van gewigsverl­ies te doen gekry. Wanneer jy ’n eetplan kies moet dit by jou leefstyl pas en jy moet die res van jou lewe daarby kan hou, anders gaan jy weer die gewig optel.

 ??  ?? Die vietse Linda laat oefen na pret lyk.
Die vietse Linda laat oefen na pret lyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa