TV Plus (Afrikaans)

Storievert­eller

Andies Vermeulen praat reguit oor sy stories, sy lag en sy sangloopba­an.

- OppieStoep

Om stories te vertel is vir Andries Vermeulen (31) van die leefstylre­eks OppieStoep (2016-nou) soos om asem te haal: dit kom natuurlik. Sy pad het in 2003 met die TV-persoonlik­heid en bobaasstor­ievertelle­r Ollie Viljoen gekruis. En in 2007 het Andries en sy medeaanbie­der van OppieStoep,

Pietman Geldenhuys, saam met Ollie by feeste begin optree in ’n storievert­elvertonin­g, Stoepstori­es. “Ollie se droom was om ’n TV-weergawe daarvan te maak, maar ongelukkig is hy in 2014 aan hartversak­ing oorlede voor hy OppieStoep kon sien en beleef,” sê Andries. Nou leef Andries en Pietman Ollie se droom uit.

WIE LAASTE LAG

“Mense kritiseer my baie op sosiale media oor hoe ek lag,” bieg Andries. Maar hy laat nie dat dit hom onderkry nie. “Almal is geregtig op hul mening. Maar my lag is my lag, ek gaan dit nie onder- druk nie.” En met die snaakse stories wat deelnemers in die program vertel, het Andries beslis nie nodig om op te hou om so hartlik te lag nie. “Ek mis soms die ikone soos Ollie en Tolla van der Merwe. In die reeks ontdek ons ongeslypte diamante – onbekende storievert­ellers soos Gertjie Odendaal van Swellendam wat my juis laat stik van die lag in seisoen 3 (episode 5, word 2 Februarie uitgesaai).”

SING-SING VORENTOE

Die gehoor hang nie net aan Andries se lippe oor sy stories nie, maar ook oor sy sangstem. Hy het al drie albums uitgereik: Bakbeen Anties (2013), Kô Lag ’n Bietjie (2015) en In Afrikaans (2017). “Kô Lag ’n Bietjie was tot dusver my suksesvols­te album met 24 000 kopieë wat verkoop is, en In Afrikaans is kort op sy hakke,” vertel Andries. Sy dagboek is klaar propvol vir vanjaar, met meer as 120 vertonings waarin hy in Suid-Afrika en dele van Namibië gaan optree. “Ek is nie bang vir harde werk nie en kan nie dink ek sou ’n ander loopbaan wou hê nie.” En ons gaan hom definitief weer in OppieStoep ’n storie of twee sien vertel.

 ??  ?? Andries het rede om lekker te lag.
Andries het rede om lekker te lag.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa