TV Plus (Afrikaans)

NCIS: Los Angeles

-

NCIS: Los Angeles (2009-nou) is die splinterre­eks van ’n splinterre­eks, maar dit het “daardie iets ekstra,” sê die hoofster Chris O’Donnell, wat agent G. Callen speel. Maar waar die oorspronkl­ike reeks NCIS (2003-nou) en “moederskip-” reeks JAG (1995-2005) ook beroemde gesigte onder die spelers het, “het ons die Stad van Engele”, voeg Chris by.

1 Die reeks word net in LA verfilm, want die akteurs – soos Chris en LL Cool J (Sam Hanna) – woon in die stad. 2 Die NCIS-hoofkwarti­er se GPSkoördin­ate word dikwels in die reeks genoem en daar is ’n bootskuur [die gebou se bynaam] op die plek wanneer jy “33.974828, -118.446349” google. Die gebou huisves die roeiklub van die LA-kollege Loyola Marymount. 3 Chris en LL Cool J doen albei soggens joga voordat verfilming begin, maar om verskillen­de redes. Chris erken op 47 is hy oud “en joga help met soepelheid”, en die 50-jarige LL gebruik oefening om te mediteer. 4 Al sou die reeks altyd in LA afspeel, was die titel nie vooraf bepaal nie, self tydens produksie. Die oorspronkl­ikes was NCIS: Legend, tesame met OSP: Office Of Special Projects, NCIS: OSP en NCIS: Undercover. 5 Dis tot dusver die enigste NCISreeks (insluitend NCIS: New Orleans, 2014-nou) wat 24 episodes in al nege seisoene het. 6 Tydens ’n blaaskans soos middagete speel LL en sy medester Linda Hunt (Hetty) X-box-videospele­tjies. “Sy’s wild,” skerts die akteur. 7 En NCIS: LA is nie net ’n TV-reeks nie. Twee nieampteli­ke romans is in 2016 gepublisee­r: NCIS Los Angeles: Extremis en NCIS Los Angeles: Bolthole.

 ??  ?? Agente Hanna (links) en Callen is altyd daar waar die aksie op sy felste is.
Agente Hanna (links) en Callen is altyd daar waar die aksie op sy felste is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa