TV Plus (Afrikaans)

My Sakpastrou­e

-

Troukoors het VIA se Februarie-skedule oorgeneem met die vyfde seisoen van die realiteitr­eeks My Sakpastrou­e (2015nou) wat vandag begin. “Dis die een dag wat almal glo in liefde vir ewig en altyd,” verduideli­k Amor Engelbrech­t, uitvoerend­e vervaardig­er van die reeks, hoekom soveel kykers gefassinee­rd is met troureekse. Amor vertel ons meer van die nuwe seisoen en wat sy tot dusver alles oor troues en begrotings geleer het.

Hoeveel inskrywing­s het julle vir die nuwe seisoen gekry? In die laaste paar maande het ons sowat 60 inskrywing­s gekry wat ons moes beperk tot 13 paartjies vir ons 13 episodes die seisoen. Waarom is My Sakpastrou­e so gewild? Ons glo dis omdat ons reeks kykers inspireer om groter te droom en te besef hulle sprokiesda­g is moontlik, al is hul begroting knap. Elke paartjie wat deelneem, bewys dit en gee kykers blink idees oor hoe hulle hul spesiale dag ’n werklikhei­d kan laat word, van kostebespa­rings tot idees vir versiering­s. Hoeveel verskil die paartjies se begrotings

vir hul troues? Elke troue se begroting is besonders. Vir sommige is die rok ononderhan­delbaar en vir ander is die kos en musiek belangrik. Die duurste troue tot dusver was Sunette en Stiaan Ras s’n in seisoen 4 (2017). Hul begroting was R300 000 waarvan hulle R283 000 spandeer het. En die goedkoopst­e troue was die van Melissa en Gustav Luies in seisoen 3 (2016). Hul begroting was net R7 250 en hulle het nog R300 oorgehou! Watter interessan­te kostebespa­ringswenk het jy by die reeks geleer? Wanneer jy kwotasies vra, moenie aan die diensversk­affer sê dis vir ’n troue nie. Sommige plekke vra meer geld vir troues.

 ??  ?? Inlas: Amor Engelbrech­t.
Inlas: Amor Engelbrech­t.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa