TV Plus (Afrikaans)

Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 18:00 Sepie

-

Die joernalis Serena Mason (Melissa Archer) kom vandag in Salem aan en sy soek meer as net ’n groot storie oor mediese navorsing: sy is ook agter ’n sexy man aan – ene Eric Brady (Greg Vaughan). Serena sê op Donderdag 8 Februarie vir Eric sy het haar huidige storie so gekies dat sy na sy tuisdorp toe kon kom. Dit blyk sy het ’n stomende verhouding met Eric gehad terwyl hulle in die Kongo gewerk het voordat hy haar gelos het om ’n priester te word. Days-fans, julle het geen episodes misgeloop nie – die affair gaan heeltemal van die skerm af wees, maar daar sal terugflits­e wees, en dit begin vandag.

“Die adrenalien het in Afrika gevloei, ’n regte veg-of-vlug-situasie, en dit het hulle in ’n intieme verhouding betrek,” sê die 38-jarige Melissa. Greg voeg by: “Om op dieselfde gebied van kundigheid in joernalist­iek en nuus te wees, het hulle altyd laat stry oor die glansartik­el. Dit was hartstogte­lik.” Maar terugflits­e is ál wat die paar ’n tyd lank gaan kry. “Ek dink nie hulle gaan die bed môre al tref nie. Sy onthouding­stydperk is pas verby, en dan moet hy die trauma verwerk van wat Kristen (Eileen Davidson) [dat sy hom in Julie 2016 bedwelm en verkrag het] aan hom gedoen het. Daar gaan stadige oomblikke wees, want dit sal iets moet wees waarmee Eric gemaklik voel,” verduideli­k Melissa.

Maar Serena het nie net teruggebon­s omdat sy vir die kerk gelos is nie, en sy het ná die verhouding in slegte geselskap verval. “Dinge het gebeur wat bevraagtek­en kan word en wat sy tans moet verwerk, dus was haar keuses was nie so eerlik nie,” waarsku Melissa. Hmm, het iemand ’n geheime agenda?

• Lees meer op bl. 22.

 ??  ?? Serena en Eric (inlas).
Serena en Eric (inlas).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa