TV Plus (Afrikaans)

Longmire

Seisoen 6 M-Net (*101) 23:00 Aksie

-

Lou Diamond Phillips skerts “as ek nie die rol kry van ‘daai Mexikaanse ou’ nie, is dit van ‘daai Amerikaans­e Indiaan’.” Nie dat hy kla nie – die 55-jarige speel sedert dag 1 Henry Standing Bear in die Western-aksiereeks Longmire (2012nou), en voeg by “dis een van die prettigste rolle van my loopbaan”. En wat ’n loopbaan is dit nie tot dusver nie . . .

1 Hy is ’n Filippyns-Amerikaner – sy pa, Gerald, was ’n VSA-seesoldaat wat gestasione­er was by die Subic Bayvlootba­sis in die Filippyne, waar sy ma, Lucita, vandaan kom. 2 Dis ook nie vergesog dat Lou Indiane speel nie, want die akteur sê hy’t ook Cherokee-bloed in sy are. 3 Hoewel verhoognam­e gewild is om akteurs soos rocksterre te laat klink, is Lou se van sy eie. Hy is gebore as Lou Diamond Upchurch en het sy stiefpa se van begin gebruik toe sy ma ná sy pa se dood weer getrou het. 4 Hy’s ’n ernstige pokerspele­r en hou pokeraande saam met vriende soos Kiefer

Sutherland (Jack Bauer in die aksiereeks 24, 2001-2010). “Ons speel toneel sodat ons ernstig lyk tydens pokeraande!” lag hy. 5 Hoewel sy loopbaan stadig begin het (hy’t van 1984-1986 ’n terroris en ’n boef in twee flieks gespeel), sê Lou sy rol as die musikant Ritchie Valens in die 1987-treffer La Bamba “was iets waaroor ek net kon droom”. Sedertdien het hy nog elke jaar werk gehad. 6 Hy haal nie altyd om die regte redes die hoofopskri­fte nie. Lou is in 2006 gearrestee­r omdat hy sy derde vrou, Yvonne, aangerand het. En in November 2017 was die klag dronkbestu­ur ná hy in Texas gestop en die polisie vir aanwysings gevra het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa