TV Plus (Afrikaans)

Bundu Buddies

-

Seisoen 1 kykNET (*144) 08:15 Kinderprog­ram Die enkelseiso­en-kinderprog­ram Bundu Buddies (2009) kry baie reg, al is episodes net 15 minute lank. Daar is altesaam 409 episodes [as jy dit misloop op kykNET kan jy die reeks aflaai op Showmax, sien bl. 8]. Bundu Buddies handel oor ’n groepie dierevrien­de wat elke dag by ’n watergat bymekaarko­m om speletjies te speel, liedjies te sing en stories te lees, als met ’n morele lessie vir die jongspan. “Die karakters en episodes is geskep om kinders op te voed terwyl dit hulle vermaak,” verduideli­k die draaiboeks­krywer Martjie Roos. “Onderwerpe soos goeie maniere en sosiale gewoontes word aangeraak.”

1 ’n Paar sepiegesig­te het hul buiging gemaak in Bundu Buddies.

Nadia Beukes (Iva in Getroud Met Rugby, 2009-nou; sien bl. 16) was die apie Kallie, en Cindy Swanepoel (Annelize in Binnelande­rs, 2005-nou; sien ble. 14-15) was die vlakvark Walter. 2 Die Walter-karakter is vir ’n manlike akteur beplan, maar Martjie sê “Cindy het beter as die ouens winde opgebreek en was perfek vir die rol”. 3 Die episodes is in twee sarsies deur ’n span van net drie skrywers geskep – Martjie het naastenby die eerste 100 geskryf en Anneli Raath Uys en Helena Nel het toe by haar aangesluit. 4 Omdat die episodes kort is, kon die skryfspan met drie of vier episodes per dag vorendag kom en die verfilming was ook flink, met minstens twee episodes wat per dag geskiet is. Bundu Buddies is vertaal in sewe 5 tale, insluitend Engels, Zoeloe en Xhosa, asook KiSwahili omdat dit ook in Kenia uitgesaai is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa