TV Plus (Afrikaans)

Shades Of Blue

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

Drea de Matteo het blykbaar ’n voorliefde vir sterk maar gekwelde karakters, en sy voeg die korrupte speurder Tess Nazario in Shades Of Blue (2016nou) by haar lys. Maar die pluspunt van Tess is nie die diepte van die rol of die uitdaging om iemand wat slegte goed doen te vertolk nie. “Ek werk in New York!” lag sy. “Dis wonderlik om uiteindeli­k weer tuis te wees!”

Die 45-jarige word veral onthou 1 vir haar tweede rol, as Adriana la Cerva in die mobdrama The Sopranos (1999-2006). “Dit was ’n droomrol wat jy nie aldag kry nie,” onthou sy. “En daai vingernael­s was soos kloue!” 2 Sy skerts sy pas perfek in die stereotiep­e profiel van die mafia-vrou [Italiaans en van Queens, New York]. “Maar ek is ver verwyder daarvan. As kind het ek pop gespeel en vertonings saam met my ma, Donna, gehou.” 3 Nie dat sy haar erfenis misken nie. Sy praat vlot Italiaans en meen daar’s niks beters as ’n skyf regte New Yorkse pizza nie. 4 Drea het wel een of twee slegte herinnerin­ge aan haar tuisstad. In 2015 is die woonstel waarin sy 22 jaar gewoon het, verwoes toe drie geboue deur ’n gasontplof­fing opgeblaas is. Sy wou altyd in teater werk, maar 5 agter die skerms. Drea het regie studeer aan New York se befaamde Tisch School Of The Arts toe ’n dosent voorstel sy moet toneelspee­l probeer. Sy’t met haar eerste oudisie ’n rol gekry. 6 En hoewel sy haar “goedkoop, nare” rolle soos Adriana geniet, droom Drea van Broadway. “Dis my einddoel. Om in ’n Broadway-verhoogstu­k te speel sodat my kinders – dogter Alabama (10) en seun Waylon (6) – dit kan sien en saam met my geniet.”

 ??  ?? As Adriana in The Sopranos.
As Adriana in The Sopranos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa