TV Plus (Afrikaans)

Criminal Minds: Beyond Borders

-

Seisoen 2 M-Net (*101) 19:00 Aksie Om die tegno-analis Russ Montgomery in die tweeseisoe­n-aksiereeks Criminal Minds: Beyond Borders (2016-2017) te speel is ver verwyder van Tyler James Williams se bekendste rolle. Van 2005 tot 2009 was hy die hoofspeler in die biografies­e sitkom Everybody Hates Chris, en van 2014 tot 2016 was hy Noah in die zombie-gruwelreek­s The Walking Dead (2011-nou). “Ek is eintlik ’n nerd. Ek is gaande oor videospele­tjies, dus was die rondspeel met tegnologie vir hierdie rol baie pret,” sê die 25-jarige.

1 Hy’t byna nie die rol as ’n jong Chris Rock in Everybody Hates Chris gekry nie. “Chris het gesê ek’s te aantreklik om hom te speel, maar die netwerk het vasgeskop, dus het ek seker gewen,” lag hy. 2 Tyler wou nie in sy polisieman­pa Le’Roy se voetspore volg nie, eerder in sy ma, Angela, s’n. Sy is ’n sangeres en liedjieskr­ywer en Tyler het op vier al saam met haar opgetree. 3 Hoewel musiek – veral hip-hop – sy eerste liefde is, erken Tyler “al wat ek nou wil doen is toneelspee­l”. 4 Hy het spesifieke kosvoorlie­fdes, veral ’n Bologna-worsbroodj­ie, sowel as hoendervle­rkies en “’n doodgewone New Yorkse Margherita-pizza”. Tyler drink nie baie nie maar hy’t 5 ’n gunsteling: “Jack [Danielswhi­skey] en Coke. Dis moeilik om daai kombinasie verkeerd te kry,” lag hy. Buiten dat sy karakter in The Walk6 ing Dead dood is, is die akteur spyt hy kan nie self al sy waagtoertj­ies doen nie. Hy sou graag aan ’n celebuitda­agweergawe van die hindernis-realiteits­program American Ninja Warrior (2009nou) wil deelneem, verklap Tyler.

 ??  ?? As a young Chris Rock in Everybody Hates Chris.
As a young Chris Rock in Everybody Hates Chris.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa