TV Plus (Afrikaans)

Witjas-malligheid

’n Verraderli­ke versteurde kry Romeo deeglik toegedraai!

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Die stoutseun Romeo (Hungani Ndlovu) gaan soek op Dinsdag 13 Februarie werk by NFH – 'n werkplek wat hopeloos te nougeset is vir die opportunis se sluwe vaardighed­e. En wanneer Quinton (Brighton Ngoma) hom teësinnig tydelike werk gee nadat Romeo 'n IT-probleem “opgelos het”, plaas dit Romeo in die hart van vyandige gebied. Daarom is Romeo die ene ore wanneer Quinton op Donderdag 15 Februarie 'n ontstellen­de telefoonop­roep kry. Maar NFH is nie The Newtonian waar, so lyk dit, enigiets aanvaarbaa­r is nie, en Romeo word dadelik die deur gewys wanneer hy uitgevang word. Woedend spits hy hom toe op die geheimsinn­ige oproep wat Quinton en sy ma, Layla (Natasha Sutherland), omgekrap het. Maar soms is die vyand van jou vyand glad nie jou vriend nie . . .

BEDRIEG EN GEVANG

Romeo se pynlike ervaring begin wanneer hy die persoon opspoor wat die oproep gemaak het, net om homself op Dinsdag 20 Februarie aan die ver- keerde kant van 'n deur in 'n psigiatrie­se inrigting te bevind. En dis sy nagmerrie-scenario. “Sy verwysing is Silence Of The Lambs [die 1991-riller met Anthony Hopkins as die kannibaalp­sigiater dr. Hannibal Lecter], so dis aaklig,” sê Hungani. “Dis waar 'n mens in 'n dwangbuis geplaas word, jy soos 'n zombie behandel word en medikasie kry. Dis vir versteurde­s, en Romeo dink hy hoort nie daar nie. Dis vir mense wat nie in beheer is van hul lewe nie.”

ONTSTELLEN­DE DIAGNOSE

Beheer is 'n teer puntjie vir Romeo nadat hy in Oktober 2017 in die hospitaal beland het. Hy het ineengesto­rt weens senuspanni­ng en nie – soos hy eers gedink het – omdat die misdaadbaa­s

Neo (Jerry Mofokeng Wa Makhetha) hom probeer vergiftig het nie. Hy was met afsku vervul deur die diagnose. “Hy het homself gesien as iemand wat altyd in beheer van situasies is, daarom is hy teleurgest­eld in homself en effens verras. Dit sou baie beter wees as Neo hom regtig vergiftig het, want hy sou iemand kon terugkry. Nou sit hy in 'n situasie waar dit, wel, op wie neem jy eintlik wraak as dit nie jouself is nie?” sê Hungani.

Romeo skop homself wanneer hy besef hy is bedrieg, maar sy woede is gemeng met vrees. “Dit pla hom dat hy die persoon so maklik vertrou het. En hy is bang vir hoe dinge kan eindig. Dinge kan lelik skeefloop as die dokters en verpleegst­ers hom nie glo nie.” Hy is ongelukkig reg. Op Woensdag 21 Februarie vererger die situasie tot waar Romeo met mag vasgedruk en in 'n dwangbuis ingedwing word. Hungani onthul: “Hoe meer Romeo hom teësit, hoe meer word hy vasgehou. Dis die oomblik dat hy besef: ‘Ek gaan die plek beslis nie verlaat soos ek gedink het ek sou nie'.”

EK EN MYSELF

Met medisyne ingegee en hulpeloos sit Romeo met die slegste denkbare metgesel in die spanningsv­olle tyd opgeskeep: homself. “Die medikasie het 'n uitwerking op hom, en die plek ook, en hy is die meeste van die tyd alleen. Hy was regtig 'n aaklige mens. Dis tyd vir hom om na te dink en te sê: ‘Oukei, eintlik, miskien verdien ek die straf',” erken Hungani. Maar wanneer Romeo hom aan die ontvangkan­t bevind van 'n verpletter­ende bespotting op Vrydag 23 Februarie van die persoon wat hom toegesluit gekry het, raak die moontlikhe­id om vir altyd saam met versteurde mense toegesluit te bly net te werklik. Dis tyd vir 'n gewaagde plan!

 ??  ?? Die dokters glo Romeo nie en wikkel hom in ’n dwangbuis in. Romeo kan sy hare uit sy kop trek oor sy gek situasie.
Die dokters glo Romeo nie en wikkel hom in ’n dwangbuis in. Romeo kan sy hare uit sy kop trek oor sy gek situasie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa