TV Plus (Afrikaans)

Koebaai vir nou

Sasha en Silvia groet die Stryders en kie.

-

Dis nooit maklik om tot siens te sê vir ’n sepiekarak­ter nie, wat nog gepraat van twee op een slag! Dis ongelukkig wat gebeur in Getroud Met Rugby (2016-nou) op Vrydag 6 April wanneer ons afskeid neem van die sangeres Sasha en hoofpompon­danseres Silvia (Anlia van Rensburg en Nastassja Pretorius). Albei karakters trek Kaap toe – Sasha vir haar sangloopba­an en Silvia gaan fotografie studeer.

WEGBREEKKA­NS

Sasha het einde Februarie ’n erge liefdestel­eurstellin­g beleef toe sy en haar kêrel, die Strydersru­gbyspeler Reitz (Sean van Noordwyk), uitgemaak het. Silvia het ook deur ’n rowwe tyd gegaan toe sy middel Maart haar seksualite­it bevraagtek­en en op haar vriendin

Lynette (Diani Gernandt) verlief geraak het.

Die skuif kom vir albei op die perfekte tyd. “Vir Sasha is dit ’n wegbreekka­ns van alles wat haar aan Reitz herinner,” sê Anlia en Nastassja voeg by Silvia gaan na “’n nuwe avontuur”.

Op Vrydag 6 April word ’n afskeidspa­rtytjie vir hulle in die Potties-kroeg gehou en dis ’n bittersoet affêre. “Silvia groet haar pompons en gee die ‘kroon’ van hoofpompon oor aan

Mia (Louise van Greunen),” vertel Nastassja. Sasha en Reitz groet mekaar finaal met ’n snikkende snesie-toneel wat “Sasha se hart breek, maar sy besef dis die regte ding om te doen sodat hulle albei as individue kan groei”, sê Anlia.

VAN SANG TOT JOGA

Anlia sowel as Nastassja het al in November verlede jaar hul laaste dag op die Getroud-stel deurgebrin­g, en sedertdien het hulle nie stilgesit nie.

Anlia het met sangoptred­es by verskeie feeste, skole en funksies landwyd opgetree. Nastassja het jogaklasse begin gee en speel in April in ’n kinderteat­erstuk, In Die Land Van Kammalieli­e, by die Atterbury-teater in Pretoria.

Anlia het besluit om nie haar kontrak te hernu nie sodat sy op haar sangloopba­an kan fokus en haarself vir ander akteurswer­k beskikbaar stel. “Die tyd was reg om te gaan,” sê Anlia en voeg by sy wil graag in flieks en ander reekse speel – daar’s klaar ’n paar in die vooruitsig waaroor sy nie meer wil uitlap nie.

Nastassja se storielyn het tot ’n einde gekom. “Ek het dit sien kom en is nie juis hartseer daaroor nie. Een ding moet eindig sodat ’n nuwe kan begin,” sê sy.

 ??  ?? Nuwe avonture wag op die sangeres Sasha (links) en die pompondans­eres Silvia.
Nuwe avonture wag op die sangeres Sasha (links) en die pompondans­eres Silvia.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa