TV Plus (Afrikaans)

Die las van skuld

Alfred is so desperaat om sy deftige motor te behou, hy is bereid om sy kollega skoolhoof Thobakgale in die rug te steek.

-

Die stokflou hoërskoolo­nnie Alfred Magongwa (Putla Sehlapelo) se duur smaak laat hom in die skuld verdrink. Hy het slapelose nagte sedert hy middel 2017 ’n luukse motor gekoop het wat hy nie kan bekostig nie. Sy vrou,

Celia (Shoki Sebotsane), stel hom op Woensdag 28 Maart voor ’n ultimatum: sy of die kar! “Alfred se eerste gedagte nadat Celia hom gedreig het om die motor te verkoop is ‘wat sal die mense sê?’” verduideli­k Putla. Dis die laaste ding waaraan Celia dink, want hulle betaal nog hul huisverban­d af en sukkel om Alfred se ander uitstaande skuld te delg. “Alfred hou aan om dinge te koop wat hy nie kan bekostig nie,” voeg Putla by. Dit blyk Alfred is bereid om brûe te verbrand as dit beteken hy kan sy spoggerige wiele behou.

BESNOEIING­S

Vir eers bly Alfred se leefstyl in sy oprit geparkeer totdat hy van sy skuld afbetaal. Hy gaan ry kort entjies met die kar “net om die battery gelaai te hou,” sê Putla, maar iets is nie lekker nie op Maandag 2 April. “Die petrolmete­r het gedaal terwyl die motor geparkeer was. Alfred, en Celia, het ’n paar dae tevore laas met sy kar gery. Wie was in sy motor?” vra Putla. Alfred verdink sy stiefseun

Nimrod (Buhle Maseko), wat sy rybewys probeer kry. “Maar Alfred het geen bewyse om Nimrod te konfrontee­r nie. Die terugslag raak sy finansies en hy val rond om kontant te kry om sy tenk vol te maak. Maar om dit te doen moet hy dalk ’n nuwe werk kry,” sê Putla.

PLAN B

Met die tyd wat min raak en die bank wat sy geld gryp, dink Alfred op Donderdag 5 April hy het ’n oplossing: Hy wil skoolhoof Thobak

gale (Elizabeth Serunye) se werk hê. “Prinsipale word meer betaal as onderwyser­s en Alfred wil nie net die salaris hê nie, maar ook die respek,” grynslag Putla.

Intussen merk sy leerlinge hy gebruik nie meer sy deftige motor nie en dink hy is weer platsak, soos in 2015, toe die bank sy besittings teruggenee­m het. Die leerlinge spot hom oor sy geldkrisis op Dinsdag 10 April met ’n kryttekeni­ng op die swartbord, maar Putla sê: “Hy steur hom nie daaraan nie. Sy woedebui en verleenthe­id sak. Hy het belangrike­r dinge om te doen as hy die skoolhoof se pos gaan kry!”

 ??  ?? Alfred probeer vir sy vrou verduideli­k hoekom hy nie sy kar kan verkoop en hul skuld afbetaal nie.
Alfred probeer vir sy vrou verduideli­k hoekom hy nie sy kar kan verkoop en hul skuld afbetaal nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa