TV Plus (Afrikaans)

Meer as net vriende

Hulle woon, werk en kuier almal saam onder een dak.

- Mense Mense

In die immergroen TV-komedieree­ks Friends (1994-2004) het ’n groep hegte vriende almal in een woonstel gewoon. In die nuwe komedie Mense Mense neem ’n paar pelle dit ’n stappie verder – hulle werk saam, woon saam en kuier saam. En dit kan net een ding beteken: groot pret.

SES VAN DIE BESTES

Elanie Rupping, hoofskrywe­r van Mense Mense, sê die reeks handel oor enkellopen­des wat van verskillen­de dele van die land by mekaar uitkom en soos familie word. “Die storie speel in ’n fiktiewe voorstad af,” verduideli­k Elanie. “Ons het vars, interessan­te karakters geskep met wie mense hulle kan vereenselw­ig en probeer om die stereotipe­s soos lawwe blondines te vermy.”

Mense Mense begin wanneer Rossouw, gespeel deur die sanger Bobby van Jaarsveld, besluit om ná sy egskeiding ’n nuwe lewe in die stad te begin en sy ou universite­itsvriende Julian (Solomon Cupido) en Liesl (Crystal Donna Roberts) op te soek. Mientjie (Sandra Prinsloo), wat die gebou besit waarin Julian en Liesl woon, bied Rossouw werk in haar mikrobroue­ry aan. Mientjie neem ook met Rossouw se aankoms haar werklose susterskin­d, Salomé (Lea Vivier), onder haar vlerk. Die laaste persoon wat by hulle aansluit is Sebastian (Reynard Slabbert) wat die besigheid se app saam met Julian bestuur en ook by hulle intrek.

ONTMOET DIE KARAKTERS

• Bobby sê Rossouw is ’n boer van die Oos-Kaap wat ná sy mislukte huwelik sy voete in die stad moet vind. “Rossouw is opreg, hou van kuier en is toegewyd. Maar die plaasjapie is soms naïef, selfs wanneer dit by die skone geslag kom.” • Lea Vivier het begin vanjaar die kameerol van Lika Bosch in Binnelande­rs (2005-nou) gespeel. Nou is sy Salomé. “Ek hou van Salomé: sy is kompleks, soms impulsief en hardwerken­d. Al is sy baie skerp, het sy tog soms haar blonde oomblikke.” • Solomon Cupido (Julian) is baie tuis in die komedie-genre: hy was onlangs in die reeks Die Kasteel (2018) as die tuinier Wilson te sien. “Julian is die vredemaker en die redelike ou. Hy probeer altyd ’n oplossing in enige situasie vind. Hy is ambisieus en laat niks in sy pad staan om sy doel te bereik nie.” • Sandra Prinsloo sê Mientjie is flambojant, effens eksentriek en jonk van gees. “Sy omring haarself graag met jongmense, skep nuwe geleenthed­e vir ander en het ’n swakte vir jong mans,” knipoog sy. • Crystal Donna Roberts, wat ons in reekse soos Vallei Van Sluiers (kykNET, 2010-2014, as Charmaine) gesien het, vertolk die rol van die onderwyser­es Liesl, Julian se meisie. “Liesl is pedanties, liefdevol en logies. Sy verstaan nie hoekom almal om haar so effens gek is nie,” sê Crystal Donna. • Reynard Slabbert is bekend as mede-aanbieder van die glansprogr­am Bravo! (kykNET, 2012-nou), maar het ook ’n paar TV-rolle op sy kerfstok. Hy was onder andere Jan in die reeks Donkerland (2013) en Ryno in Sterlopers (2016). Sy karakter Sebastian is vol streke, vertel Reynard. “Hy bak gereeld poetse. Hy is ’n goedhartig­e ou en wil almal met hul probleme help. Maar hy is soms sinies.”

 ??  ?? Agter (van links): Liesl (Crystal Donna Roberts), Salomé (Lea Vivier), Mientjie (Sandra Prinsloo) en Sebastian (Reynard Slabbert). Voor is Julian (Solomon Cupido) en Rossouw (Bobby van Jaarsveld).
Agter (van links): Liesl (Crystal Donna Roberts), Salomé (Lea Vivier), Mientjie (Sandra Prinsloo) en Sebastian (Reynard Slabbert). Voor is Julian (Solomon Cupido) en Rossouw (Bobby van Jaarsveld).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa