TV Plus (Afrikaans)

’n Helpende hand

Daar’s nie ’n erger persoon om raad en leiding te gee nie as die beskermeng­el Amy in Angel From Hell.

-

Jane Lynch het die gimafrigte­r uit die hel Sue Sylvester in die musikale komedie Glee (2009-2015) gespeel, maar in die komedieree­ks Angel From Hell (2015-2016, seisoen 1 is nou op Showmax) het sy na die ander kant beweeg. Sy vertolk die rol van Amy Cass, die eienaardig­e beskermeng­el vir die gespanne Allison Fuller (Maggie Lawson). Amy het altyd op ’n afstand ’n ogie oor Allison gehou – en sy’t ’n klomp snaakse en intieme stories uit Allison se verlede om dit te bewys. Maar wanneer Amy besef die volwasse Allison is steeds baie “werk” en geniet nie die lewe soos sy kan nie, gryp Amy in en kom gee Allison persoonlik leiding. Hoewel Allison agterdogti­g is oor die vreemdelin­g met al die binnekenni­s van haar lewe, is ons groen van jaloesie. Dink net as ons ’n engel in ons lewe kon hê wat met die volgende help . . .

ONTMASKER DIE VERKULLERS

In episode 1 trek Amy Allison se aandag wanneer sy onthul Allison se kêrel Evan (David Denman) verkul haar met haar beste vriendin Jill (Liza Lapira). Evan en Jill kan stories opmaak en skelmpies ontmoet, maar sodra Allison die wenk kry om te begin ondersoek instel, kom sy agter al die klein dingetjies waarop Amy haar wys, verklap die waarheid. En selfs nog voor sy die verneukers ontmasker, blaas Amy Evan se arrogante siening van homself as ’n app-ontwikkela­ar af, en onthul hy’s net ’n werklose verloorder.

KEUR AANLYN AFSPRAKE

Met Evan by die deur uit, stel Allison ’n dating-profiel saam en gaan sorgvuldig deur die ouens se profiele in episode 3. Dis wanneer Amy haar onderbreek en voorstel sy behandel die manne in die stadium soos oesters – flirt net en bly onbetrokke tot sy ’n pêrel vind – pleks daarvan om dating te ernstig op te neem. Amy oortuig Allison dan om een van die ouens by ’n klub te ontmoet en hom sover te kry om haar te soen. En dit blyk die soen onthul ’n feit wat Allison se hart sou breek indien sy haarself toegelaat het om emosioneel betrokke te raak by die skarminkel. Welgedaan, Amy!

BESKERMING TEEN “NEGATITIS”

In episode 7 sê Amy vir Allison sy is haar perfekte beskermeng­el, want haar positiwite­it is ’n teenvoeter vir Allison se negatiewe innerlike stem en “vernietige­nde selfkritie­k”, wat versterk word deur haar liefdevoll­e maar oorkrities­e pa, Marv (Kevin Pollak). En wanneer dit lyk of dit nie help nie, is Amy bereid om al haar klere uit te trek en poedelnake­nd in ’n TV-ateljee rondgejaag te word om Allison te help om haar vrees om op kamera te praat te oorkom. Dankie, Amy.

PERFEKTE PARTYTJIES

Allison wroeg in episode 10 oor die druk van ’n tradisione­le familie-Dankseggin­gsete en die feit dat almal veronderst­el is om dit te geniet. Amy sê vir haar om die seisoenale emosionele eise te vermy met haar eie alternatie­we vakansie. “Nooi wie jy wil, eet wat jy wil en maak dit pret.” Vervang die stres van kook met alkohol, vermy die skoonmaak en versier van die huis deur jou arms in die lug te gooi en na ’n kroeg te gaan waar hulle alkohol voorsit. En pleks van baklei met familieled­e flirt met onbekendes, en neem ’n vreemdelin­g huis toe eerder as ’n braksakkie. Klink te heerlik!

REDDENDE GESKENKE

Aanmoedigi­ng en ’n lus vir die lewe is wonderlike dinge om vir iemand te gee, maar soms is praktiese geskenke die beste – soos om iemand van ’n aankomende bus te red. Amy verdien in episode 12 haar engelvlerk­e wanneer sy haar “pas op, bus!”-truuk van episode 1 herhaal . . . maar hierdie keer is dit ’n regte bus wat die arme Allison so plat soos ’n pannekoek sou getrap het. Wat moet ons doen om ons eie beskermeng­ele te ontmoet, Amy?

WAT IS SHOWMAX?

Die stroomdien­s Showmax is Afrika se grootste aanlyn TV-verskaffer met meer as 35 000 reeksepiso­des, dokkies en flieks vir slegs R99 per maand, R49 vir DStv Compactint­ekenaars of gratis op jou DStv Premium-rekening*. Gaan na showmax.com om in te teken vir jou gratis proeftyd van twee weke en kry toegang tot reekse soos Waterfront en Die Radio Raps Show asook flieks soos Eintlik Nogal Baie en Rowwe Diamante! * B’s & V’s geld.

 ??  ?? Allison (links) is opgeskeep met ’n engel wat sy nie geweet het sy nodig het nie.
Allison (links) is opgeskeep met ’n engel wat sy nie geweet het sy nodig het nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa