TV Plus (Afrikaans)

DIE MOONTLIKE PA’S

-

DR. STEVE ABRAHAMS (CLINT BRINK)

Nadat Annelize en haar ekskêrel dr. Conrad Bester (Hykie Berg) ’n maand gelede uitgemaak het, het haar vorige minnaar, dr. Steve Abrahams weer op die toneel verskyn. Steve se seun, Damien (Donovan Pietersen), het op Dinsdag 13 Maart in ’n motorongel­uk gesterf en Steve was ontroosbaa­r. “Steve het gevoel sy vrou, Bronwyn (Kim Cloete), verstaan nie hoe hy voel nie en sy smart het hom in Annelize se arms gedryf,” vertel Clint.

As Steve die pa van Annelize se kind is, kan sy lewe drasties verander. “Sy huwelik met Bronwyn is besig om te verbrokkel en die nuus sal Bronwyn baie ontstel. Sy wou juis onlangs weer ’n baba hê, maar Steve het sy voet dwars gesit. Tog dink ek nie Steve sal sy rug op Annelize draai nie en as hy die pa is, sal hy sy vaderlike pligte nakom.”

DR. CONRAD BESTER (HYKIE BERG)

Hykie sê indien Conrad die biologiese pa is, sal dit voordelig wees vir die kind, want hy of sy sal ’n Koster wees. “Conrad sal ook sy vaderlike pligte nakom, maar ek weet nie of Conrad weer met Annelize versoen wil raak nie. Hy sal dink Annelize probeer hom met die oudste truuk in die boek vang,” sê Hykie. “Conrad is nes Steve finansieel in staat om die kind te onderhou.”

EBEN (ZAK HENDRIKZ)

“Eben sal in die sewende hemel wees as dit sy kind is, want dit sal beteken hy en Annelize het weer ’n hegte verbinteni­s,” sê Zak. “Maar ek weet nie of hy finansieel vir ’n kind sal kan sorg nie. Boonop het Eben tans nie die regte waardestel­sel om ’n kind groot te maak nie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa