TV Plus (Afrikaans)

Werkende vrou

Lalage se behoefte aan meer in haar lewe as om “net ’n huisvrou” te wees gaan haar tradisione­le man, Hendrik, omkrap.

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

Lalage (Elma Postma) is haar hele getroude lewe al ’n tuisteskep­per en sy het dit aanvaar. Maar soos Elma ons vertel: “Lalage het besef dit het tyd geword dat sy uitgaan en haarself uitdaag. Die lewe behels meer as net om haar man, Hendrik (Gérard Rudolf), seun, Zandré, en dogter,

Anja (Dèanré Reiners en Lee Visagie), te versorg.” Maar al sê Hendrik vir Lalage op Vrydag 13 April hy is trots op haar omdat sy by die hotel werk gekry het as persoonlik­e assistent, dink hy anders oor die saak.

VERBYGAAND­E GIER

“Hendrik hoop dis net ’n fase,” sê Elma. “Sy reaksie is geestelik mishandele­nd – ek dink nie sy voel in fisieke gevaar nie.” Daar is spanning in die Lateganhui­s sedert Lalage vir Hendrik van haar werkplanne vertel het op Maandag 9 April en sy’s bewus daarvan dis vir hom ’n bitter pil om te sluk. “Sy weet hy is ongelukkig. Dis vir hom gerieflik dat sy altyd by die huis is.” Maar dit is in haar agterkop, want “Lalage is gefokus. Sy is in ’n groef en moet haar drome uitleef voor dit te laat is,” sê Elma uitdagend. “Sy soek enigiets wat meer korporatie­f is as die naaldwerk wat sy gedoen het toe sy in The Deep grootgewor­d het.”

ALLEEN TUIS

Hendrik se “aanvaardin­g raak yl” op Maandag 16 April en hy raak woedend vir ’n leë huis en bord sonder kos omdat Lalage steeds by die werk is. “Dis sy probleem,” grynslag Elma. “Elkeen sal moet aanpas.” Lalage sê haar sê op Woensdag 18 April en Hendrik is skaapagtig ondersteun­end op Maandag 23 April. “Sy het die werk nodig as sy wil groei. Hendrik sal anders moet begin dink,” sê Elma. Maar jy weet wat hulle sê: Jy kan ’n perd tot by die water lei, maar hom nie maak drink nie . . .

EK’S DIE BAAS

Al speel Elma Lalage erken sy dis nie altyd maklik om in haar onderdanig­e karakter se vel in te kruip nie. “Sy weet die lewe bied meer. Ek’s ’n hardwerken­de vrou en dit sou moeilik wees om net op te hou. Dit maak jou onafhankli­k, gee jou krag en dit help beslis om nie geldelik van iemand afhanklik te wees nie.”

 ??  ?? Lalage is nie bereid om haar droom van ’n werk prys te gee nie, al veroorsaak dit huismoles. Hendrik hou nie van die idee om sy vrou “te verloor” nie.
Lalage is nie bereid om haar droom van ’n werk prys te gee nie, al veroorsaak dit huismoles. Hendrik hou nie van die idee om sy vrou “te verloor” nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa