TV Plus (Afrikaans)

Laat die sweep klap

Die nuwe bruid Moliehi Zikalala is geen swakkeling nie, waarsku die aktrise Vatiswa Ndara.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

“Moliehi kry dinge gedoen,” waarsku Vatiswa Ndara, wat laat in Maart by Muvhango aangesluit het toe die Venda-sepie sy storielyn opgeknap het. Sy was een van die nuwe aankomelin­ge toe Muvhango sy 3 000ste episode op Donderdag 29 Maart gevier het. Dit was uit die staanspoor duidelik Moliehi is nie iemand wat met haar laat mors nie. Vatiswa het al vasberade sowel as beskadigde karakters gespeel, soos die dronkaard Miriam in die SABC1-drama Home Affairs (2005-2010), die bose NomaRussia in Mzansi Magic se iGazi (2016-2017) en die vurige sakevrou Clementine in die e.tv-drama Harvest (2017) – en Vatiswa sit graag die neiging voort. “Moliehi is straatslim en sterk. Sy’s ’n ma. En ’n weduwee met ’n gevaarlike streek,” sê die aktrise.

Hoe sou jy Moliehi beskryf?

Ek dink sy is ietwat van ’n boelie. ’n Beheervraa­t wat dinge op ’n sekere manier gedoen wil hê. As sy nie haar sin kry nie, spat die vonke!

Hoe skakel sy by die nuwevoorko­ms-wêreld van Muvhango in?

Sy kom in as die nuwe vrou van die koppige, vasberade sakeman James Motsamai (Dingaan Mokebe). Hy het gevoel dit was tyd om met ’n “volwasse” vrou te trou. Hulle werk saam aan ’n paar projekte en haar troue met James [op 29 Maart] is ’n geriefshuw­elik, nie liefde nie, sodat hulle “die kragpaar” kan wees en ’n mag om in sakekringe mee rekening te hou.

Sy’s nie bang om reëls aan te pas om haar sin in die direksiesa­al te kry nie . . .

Dit geld ook haar familie – haar seun, Skhumbuzo (Thokozani Sithole), en dogter, Thobila (Kertrice Maitisa). Sy sal enigiets doen om hulle te beskerm.

Jy het baie aandag getrek as die bose NomaRussia in iGazi. Is Moliehi enigsins soos sy?

[Lag.] Ek sal nie sê hulle is ’n tweeling nie, maar hulle kan verwant wees. Hulle is dalk selfs verlangse niggies.

 ??  ?? Moenie deur die bruid Moliehi se gesig geflous word nie wanneer sy met James trou – dit gaan oor besigheid, nie liefde nie.
Moenie deur die bruid Moliehi se gesig geflous word nie wanneer sy met James trou – dit gaan oor besigheid, nie liefde nie.
 ??  ?? Vatiswa het dit geniet toe die troutonele verfilm is.
Vatiswa het dit geniet toe die troutonele verfilm is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa