TV Plus (Afrikaans)

Ongemaklik­e waarheid

Chumani sukkel met sy reis na selfontdek­king.

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Ondanks die Langa-familie se gedurige drama was Chumani (Ayanda Daweti) se wêreld ’n redelik eenvoudige plek voordat hy sy ou skoolvrien­d Tshepo (Bohang Moeko), wat uit die kas is en trots daarop, op Dinsdag 3 April raakgeloop het. Chumani se suster Xoli (Sivenathi Mabuya) kon op Vrydag 6 April aanvoel iets oor Tshepo het Chumani gepla. Niks het meer eenvoudig gelyk nie. “Voor Tshepo Johannesbu­rg toe gekom het, was die kwessie nie ter sprake in Chumani se lewe nie,” onthul Ayanda. “Hy weet nie wat met hom gebeur nie. Hy kan voel iets is verkeerd . . . nie verkeerd nie, anders. Hy is nie seker hoe hy dit moet hanteer nie.”

GEEN RUIMTE VIR VERSKILLE

Om te aanvaar Chumani is op enige manier anders gaan vir Chumani ’n struikelbl­ok wees. Waar hy vandaan kom in die landelike Oos-Kaap het mense wat nie inpas nie, ’n probleem. “Hulle word dalk gerespekte­er vir wie hulle is, maar waar Chumani vandaan kom, moet anderster mense anders behandel word. Mense gee voor hulle [mense wat anders is] is deel van die gemeenskap, maar diep binne-in hulle is daar die gevoel hulle is nie. Mense word verwerp,” verduideli­k Ayanda. En Chumani weet die houding teenoor anderster mense kan na sy familie uitbrei. “Hy raak bang. Sy pa,

Siseko (Hlomla Dandala), is so tradisione­el en vir hulle is dit [die andersheid] ’n Westerse ding.”

AS SY DIT KAN SIEN . . .

Teen dié agtergrond is Chumani ontsteld wanneer Xoli hom op Maandag 16 April ’n persoonlik­e vraag vra. [Kykers moet wag hiervoor.] “Chumani is verpletter,” sê Ayanda. “Waar hy vandaan kom, is dit ’n belediging. Hoekom sê sy so iets van my?’” Xoli se vraag maak hom ook bang sy geheim, wat hy nou begin ontdek, kan duidelik wees vir mense om hom. “Hy’s in ontkenning en bang vir wat sal gebeur,” verduideli­k Ayanda. “Daar’s soveel verwarring wat hy wegsteek. Hy’s in ’n hok.”

 ??  ?? Xoli se indringend­e vraag laat Chumani aan homself twyfel.
Xoli se indringend­e vraag laat Chumani aan homself twyfel.
 ??  ?? Wanneer hy Tshepo weer sien, is dit die begin van Chumani se identiteit­skrisis.
Wanneer hy Tshepo weer sien, is dit die begin van Chumani se identiteit­skrisis.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa