TV Plus (Afrikaans)

Broers in die gereg

Kykers wat verlede jaar Die Boland Moorde se seisoen 2 misgeloop het, kry nou die kans om die aksie en drama op kykNET & kie te kyk.

-

Speurders André Fourie en Shane Williams (Stian Bam en Brendon Daniels) is terug om sake te ondersoek, verdagtes te ondervra en moordenaar­s agter tralies te kry in seisoen 2 van Die Boland Moorde (2013 & 2017). Anders as ander speurreeks­e, soos Die Byl met Waldemar Schultz as kol. Piet van der Bijl (kykNET, 2016), is die persoonlik­e lewe van die ondersoeks­pan en die demone wat hulle jaag, nie deel van Die Boland Moorde se storielyne nie. Die episodes volg nie op mekaar nie en elke week is daar ’n nuwe moord wat in die Boland-omgewing van Stellenbos­ch, Somerset-Wes en die Strand in die Wes-Kaap gepleeg word.

“Dis stories oor die gemeenskap en Jan Alleman wat ’n tragedie beleef. Dan stel André en Shane ondersoek in en trek die moordenaar vas. Hulle sorg vir geregtighe­id en afsluiting vir die slagoffer se geliefdes,” verduideli­k Brendon. Stian voeg by: “Dit gaan ook oor vriendskap. Die speurvernu­f en instink tussen André en Shane word getoets, maar ten spyte van die uitdagings bly hulle broers in die gereg en vorm ’n gedugte span.”

LIEFDE IN DIE LUG

Stian sê kykers kan uitsien na ’n nuwe liefdesbel­angstellin­g vir André. “Hy is nie geneë met Dok Le Roux (Johan Esterhuize­n) se aftrede in episode 1 (14 April) nie, maar is aangenaam verras deur die nuwe patoloog

Rachelle de Jager ( Tinarie van Wyk Loots, Beulah in Vallei Van Sluiers, 20102014) wat by Dok oorneem. “André voel meestal ongemaklik by Rachelle, maar soos die episodes aanstap ontwikkel hul vriendskap in iets meer,” vertel Stian.

ERVARE BYSPELERS

Daar is 88 bekende byspelers wat in die agt episodes verskyn. “Dit was fantasties om in elke episode met sulke ervare akteurs te kon saamwerk,” sê Brendon. “Elkeen het ’n nuwe energie en dinamiek gebring wat tot die gehalte van die reeks bygedra het.” Van die byspelers sluit in: • Hélène Truter (Elna in 2011 in Erfsondes, 2007-nou) wat die rol van die teaterdiva Hannah Greyling in episode 1 (14 April) vertolk. • Erica Wessels (Nadia in Die Boekklub, 2016-nou) as Charlotte, ’n sjef, in episode 2 (21 April). • June van Merch (Sara in Sara Se Geheim, 2017-nou) wat die suster van ’n slinkse politikus in episode 3 (28 April) speel.

 ??  ?? Die speurders André (links) en Shane is n gedugte span.
Die speurders André (links) en Shane is n gedugte span.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa