TV Plus (Afrikaans)

Konings Van Kitskos

-

Seisoen 1 VIA (*147) 20:30 Leefstyl Die sanger Gerhard Steyn (41), bekend vir sy treffer Baby Tjoklits (2008), het nie net ’n liefde vir musiek nie, maar ook vir kos. Saam met sy vriend Alvin Bruinders (verkeersko­nstabel Sheridan in Vetkoekpal­eis, 1996-2000) toer hulle Gauteng en die Wes-Kaap plat op soek na eiesoortig­e restaurant­e met heerlike vinnige etes. Gerhard verklap meer:

Hoe verskil die reeks van ander kospro

gramme? Daar is nie nog so ’n reeks op SA TV nie. Ek sou dit met Diners, Drive-Ins And Dives (2007-nou) met die sjef Guy

Fieri kon vergelyk. Ek en Alvin gaan na restaurant­e soos Hell’s Kitchen in Melville, Johannesbu­rg (ep. 1, vanaand uitgesaai), en eet kos op hul spyskaart soos die HK Burger met Amerikaans­e cheddar. Ons beoordeel die kos en gaan agterna in die kombuis kyk hoe die sjef dit berei. Soms neem ons die kombuis oor en maak ons eie dis, wat groot pret is. Wat beteken die konsep kitskos in die reeks? Vir ons is dit eerder geriefskos. Dis kos wat jy nie self hoef te maak nie en wat vinnig voorgesit kan word.

Ons hoor jy en Alvin is al lank vriende.

Ja, ek het hom in 2000 leer ken toe ek saam met Liane Heyl (Boeboe in Vetkoekpal­eis) opgetree het. Toe die vervaardig­ers my verlede jaar vra om te help met ’n konsep vir ’n kosprogram, het ek voorgestel ons betrek Alvin. As jy ’n restaurant kon besit, wat sou dit wees? Ek het reeds ’n restaurant en musiekkroe­g, Live @ Wildebees, in Boksburg. Ons spyskaart het verskeie kitskosse, van pizzas tot ribbetjies.

Wat is jou gunsteling­kitskos? My mond water altyd vir ’n calzone-pizza (pizza in ’n driehoek toegevou).

 ??  ?? Gerhard Steyn (links) en Alvin Bruinders.
Gerhard Steyn (links) en Alvin Bruinders.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa