TV Plus (Afrikaans)

Santa Diabla

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 09:30 Telenovell­e Gaby Espino skerts sy was moeg daarvoor om van loopbaan te verwissel, “dus het ek gekies om eerder ’n aktrise te word”. Sy speel die wraakgieri­ge Santa Martínez in die Latyns-Amerikaans­e telenovell­e Santa Diabla (2013-2014), en voeg by “daar’s niks beters as om ’n TVskurk te speel nie, selfs al is jy iemand goed wat iets slegs doen”. Maar die 40-jarige is allesbehal­we wreed in die regte lewe – sy was as kind omring deur diere en wou ’n veearts word.

“Om te swot was moeilik – ek het nooit by veeartseny­kunde uitgekom nie,” bieg Gaby. Sy het twee keer van studierigt­ing verander, van tandarts-assistent na skakelkund­e, “maar die boeke was nie vir my bedoel nie”. Gaby se eerste rol was ’n drie-ineen-pakket vir die kinderprog­ram Nubeluz (1990-1996). Sy was twee jaar lank die aanbieder, het die musiekster genaamd Dalina gespeel en ook haar eie liedjies in die program gesing. Gaby is nie net die gesig vir Pepsikoeld­rank in Venezuela nie, maar het ook haar eie reeks skoonheids­produkte en deel haar velsorgwen­ke aanlyn. Haar reël nr. 1: Moet nooit met grimering aan gaan slaap nie, maak nie saak hoe laat jy tuis gekom het nie. Sy word as ’n sepie-superster in haar geboortela­nd Venezuela beskou, en kry glo feitlik elke nuwe telenovell­e-draaiboek om te lees en te oorweeg voor enige ander aktrise. Ten spyte van haar besige lewe – sy lewer motivering­spraatjies en is betrokke by verskeie fliek- en TV-projekte – sê Gaby “niks is so belangrik soos jou kinders en familie nie”. Sy het ’n elfjarige dogter, Oriana, en ’n vyfjarige seun, Nickolas, by haar akteur-eksman Cristobal Lander en ekskêrel Jencarlos Canela onderskeid­elik.

 ??  ?? Gaby by haar Santa Diablamede­spelers: Carlos Ponce (links) en Aarón Díaz.
Gaby by haar Santa Diablamede­spelers: Carlos Ponce (links) en Aarón Díaz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa