TV Plus (Afrikaans)

The Resident

-

Seisoen 1 FOX (*125) 21:00 Drama

Melina Kanakarede­s is terug in ’n wit jas in die mediese drama The Resident (2018-nou), maar daar’s ’n wêreld se verskil tussen haar nuwe karakter – die ambisieuse onkoloog dr. Lane Hunter – en die gawe plastiese chirurg dr. Sydney Hansen van Melina se vorige mediese drama, Providence (1999-2002). Ons het telefonies met die 50-jarige in LA gesels om uit te vind hoe dr. Hunter haar pasiënte en gewete regdokter.

“Lane het vir my ’n werklike mens geword toe ek vooraf met die reeksskepp­er, Amy Holden Jones, gesels het. Sy’t my vertel Lane se storie is gegrond op ware gebeure,” sê Melina. “Dis ’n uitdaging om haar te speel, want ons verskil baie. Ek het al wonderlike rolle vertolk van knap en regverdige vroue wat met hul waardes die stelsel aanvat en sterk bly staan. Maar met Lane sal die meeste mense sê sy’s verwronge omdat sy deur mag en geld aangespoor word.”

Geld dryf Lane tot by die punt waar dit haar loopbaan oorheers, vertel Melina. “Gaandeweg sien ons hoe haar gierigheid oorneem, en sy het ’n verduideli­king vir alles wat sy doen.” Die aktrise voeg by “weens Lane se sukses raak sy ál meer verlore in haar gewaande begrip en simpatie. Lane glo sy doen wat die beste is vir haar pasiënte, en sy maak boonop goed geld daarmee. Sy beskou dit so: ‘As jy aan die einde van jou lewe is, met fase- 4-kanker, hoekom probeer jy nie alles nie? Hoekom gryp jy nie na die laaste strooihalm­s en ondergaan soveel kliniese toetse moontlik nie? Jy het tog niks om te verloor nie.’”

Lane gaan dus dikwels oorboord met behandelin­g en vergeet nie die finansiële voordeel wat dit vir haar inhou nie, sê Melina. “Lane voel alles wat sy doen is geregverdi­g. Sy is iemand wat haar nie laat voorskryf nie en glo sy’s reg,” voeg Melina by.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa