TV Plus (Afrikaans)

Maklik Met Marinda

-

Seisoen 1 VIA (*147) 17:30 Leefstyl

Marinda Engelbrech­t (59), wat nooit sonder haar rooi lipstiffie gesien word nie, is ’n kinderteat­erregisseu­r en -vervaardig­er, maar ook ’n groot kosliefheb­ber. Sy het haar vaardighed­e voor die kospotte in 2013 getoon toe sy aan die kykNET-reeks Kokkedoor (2013nou) deelgeneem het. Nou het sy haar eie kosprogram, Maklik Met Marinda (2018-nou), wat vandag op VIA begin.

Is dit regtig maklik om te kook? Ja, dis hoekom die titel Maklik Met Marinda is. Ek wys die kykers hoe eenvoudig dit is om smaaklike disse te berei met alledaagse bestanddel­e in hul kombuise en yskaste, soos poeiersop, opgekapte knoffel en papsakwyn. Ek sê altyd kos kan aanvoel as jy bang is daarvoor, jy moenie vir kos skrikkerig wees nie – jy is kos se baas, jy gaan besluit wat daarmee sal gebeur.

Saam met wie gaan jy in die reeks kook?

In die 13 episodes gaan ek saam met ’n mengelmoes van mense kook. Van vriende en familie tot bekendes soos die sanger Arno Carstens in episode 2 (19 April) wat wil leer kerrieafva­l maak. En die oud-Springbokr­ugbyspeler en TV-persoonlik­heid

Toks van der Linde in episode 4 (3 Mei), wat saam met my vark-en-appelbobot­ie berei.

Sou jy ’n kookboek wou skryf?

Ek’s meer digitaal ingestel, dus verkies ek om my resepte op my blog, Marindakoo­k.co.za, te deel. Maar as ek ’n kookboek uitgee, sal dit ’n kinderkook­boek wees. Ek glo dit sal gesinne help om meer tyd saam met hul kinders deur te bring en dan kan hulle my kinderkook­boek gebruik vir inspirasie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa