TV Plus (Afrikaans)

Aanhouer wen

Die sjarmante Reynard Slabbert ken van vasbyt.

-

Dit gaan voor die wind met Reynard Slabbert (37) se loopbaan. Sondagaand­e is hy in sy element as die stylvolle mede-aanbieder van Bravo! (kykNET, 2012-nou), en Maandagaan­de sien ons hom as die ambisieuse Sebastian in sy eerste TV-komedierol in die nuwe lagreeks Mense Mense (kykNET, 2018). Maar dit het jare se vasbyt, deursettin­gsvermoë en geduld gekos om tot hier te kom, bieg Reynard. was Mense Mense tegnies ’n groot uitdaging omdat jy voor multi-kamera speel en jou tydsbereke­ning presies in die kol moet wees.”

Mense Mense is nie klugtig soos die sitkom Die Kasteel (2018) of die droë humor van die mokumentêr Hotel (2016-2017) nie, voeg hy by. “Die komiese lê opgesluit in die karaktertr­ekke van die verskillen­de mense. Sebastian is baie konserwati­ef en sarkasties terwyl sy vriend Julian (Solomon Cupido) ’n grapjas is, en Julian se meisie Liesl (Crystal-Donna Roberts) is weer baie ernstig.”

Die reeks is een van die hoogtepunt­e van Reynard se loopbaan, want hy kon die eerste keer teenoor die veteraan-aktrise Sandra

Prinsloo (Mientjie) speel. Reynard verwys juis na Sandra as die Meryl Streep (die fliek Out Of Africa, 1985) van SuidAfrika. “Sjoe, ek was skoon naar van senuwees toe ek die eerste tonele saam met Sandra moes doen. Maar ek het gou besef Sandra is plat op die aarde en dat sy net soos ons daar is om die beste van ons karakters te maak.”

Reynard wil graag in die toekoms meer toneelspee­l en sal selfs van ’n groot rol in ’n sepie hou. “Maar in die stadium bly Bravo! my prioriteit. Toe ek in 2013 ’n veldaanbie­der vir die tydskrifpr­ogram Kwêla (1999-nou) was, was dit ’n uitstekend­e leerskool. Ek het geleer om met Jan Alleman te gesels en stories daarbuite, in die samelewing, te kry. Maar Bravo! voel amper soos een groot lekker kuier omdat ek die meeste van die gaste met wie ek onderhoude voer, persoonlik goed ken.”

WERK WÊRELDWYD

Reynard, ’n gebore Nataller, wou al sedert sy skooldae aan die Hoërskool Port Natal in Durban voor die kameras wees en het in 2000 drama aan die Tshwane Universite­it van Tegnologie (TUT) in Pretoria studeer. Maar ná sy studies het die wye wêreld geroep en hy het nie gehuiwer nie toe hy ’n jaar en ’n half lank as kulturele verteenwoo­rdiger van Afrika by Disney World in Florida, Amerika, kon gaan werk. “Die reisgogga het toe behoorlik gebyt en ek was daarna twee jaar lank kelner in Engeland en het vir nog ’n jaar humanitêre werk vir die organisasi­e Global Challenge in tien lande gedoen, waaronder Indië, Thailand en Guatemala.”

Toe Reynard in 2009 na Suid-Afrika terugkeer, het hy besluit om volstoom aandag aan sy akteursloo­pbaan te gee. “Ek was gelukkig om in produksies soos Houtkruis (2010) en Esther (2012) te kon speel. Maar my akteursloo­pbaan wou steeds nie lekker vlam vat nie, en ek het tot 2013 as kelner gewerk en ook bemarking vir die sanger André Schwartz gedoen.” Kwêla was sy groot deurbraak.

Sy raad aan voornemend­e akteurs is om “domastrant te wees en net vas te byt”. “Wanneer ek in Bravo! onderhoude voer of aan ’n produksie soos Mense Mense werk, besef ek dit was alles die moeite werd om deur te druk. Dit is waar my passie in die lewe lê en ek wil niks anders doen nie,” sê Reynard.

 ??  ?? Reynard as die ambisieuse Sebastian in Mense Mense.
Reynard as die ambisieuse Sebastian in Mense Mense.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa