TV Plus (Afrikaans)

Meer bak as brou

Die beoordelaa­rs Mari-Louis Guy en Nic van Wyk lig die sluier oor die woelige Koekedoort­jie- kombuis.

-

Die jong deelnemers meng en klits vir ’n vale in die bakkompeti­siereeks Koekedoort­jie (2018-nou), maar om ’n beoordelaa­r te wees is ook nie kinderspel­etjies nie. Die bobaasbakk­ers Mari-Louis Guy en Nic van Wyk doen meer as om die kinders se gebak met ’n kritiese oog en fynproewer-tong te beoordeel: Soms moet hulle trane afvee, moed inpraat en subtiel riglyne aan die jongspan gee. Mari-Louis en Nic verklap wat agter die skerms in die besige Koekedoort­jie-kombuis gebeur.

MARI-LOUIS

Wat is vir jou die kersie op die koek om die bakreis saam met

die kinders mee te maak? Dis ’n plesier om te sien hoe die jong deelnemers wat aanvanklik aan hul vermoë twyfel, hul eie waarde begin raaksien. Dan gaan daar vuurwerke vir my af en dis ’n regte aha!- oomblik. Ervaar die kinders jou anders as vir Nic? Nic is eintlik ’n liewe teddiebeer. Ek het wel gehoor party van die kinders het eers gedink ek is die goeie fee, maar later van mening verander. Hoe verskil jou en Nic se aanslag wanneer dit by beoordelin­g kom? Eintlik verskil ons opinies min. Ons skryf ons kritiek apart van mekaar neer, en wanneer ons dit daarna vergelyk stem dit grootliks ooreen. Wanneer ons wel oor ’n uitdaging verskil, kom ons maklik tot ’n vergelyk. Waar Nic gewoonlik na tegniek kyk, fokus ek meer op vernuwing. Maar dit kan van uitdaging tot uitdaging verskil.

Het jy al iets geproe wat jou amper laat verstik het, en hoe hanteer jy dit om nie die kinders se selfbeeld te skaad nie?

Ek het darem nog nooit tot in my skoene gegril nie, maar daar was kere toe die gebak te soet of te sout was of te veel geure bymekaar gehad het. Daar is omtrent sewe kameras op ons gerig wanneer ons beoordeel, en ek probeer my gesig uitdrukkin­gloos hou. In so ’n situasie sal ek gewoonlik vir Nic vra: “So Nic, wat dink jy?” Maar moenie dit vir Nic vertel nie!

NIC In watter opsigte verskil die deelnemers van Kokkedoort­jie (2017) van Koekedoort­jie

s’n? Die Koekedoort­jies is stiller en meer georganise­erd. Daarteenoo­r het die Kokkedoort­jies meer met hul disse geëksperim­enteer en gespeel.

Watter persoonlik­heidseiens­kappe het die kinders wat die beste agter die bakpanne presteer?

Die deelnemers wat nie baie selfvertro­ue het nie, het meer gesukkel as die outjies met ’n goeie selfbeeld. Wanneer jy bak, moet jy aanvaar jy gaan goeie en slegte dae hê en nie te gou wil tou opgooi nie. Die vasbyters vaar dus beter.

Watter wenke het jy vir ouers om seker te maak hul kleinspan is veilig in die kombuis?

Die beste raad is om kinders die basiese reëls te leer, soos om nie ’n stoofplaat of die oond aan te los as hulle klaar kos gemaak het nie. Sê ook duidelik hulle moet jou hulp vra indien nodig, sodat kinders nie onnodig kanse vat in die kombuis nie.

Watter rol speel die ouers se teenwoordi­gheid vir die kinders tydens die kompetisie?

Dis altyd lekker vir die jongspan om hul ma of pa of ’n familielid naby te hê vir ondersteun­ing. Dit is die een konstante aspek vir die kinders wat altyd daar is, ongeag of hulle goed of sleg vaar.

 ??  ?? Nic en Mari-Louis is ’n ervare beoordelaa­rspan.
Nic en Mari-Louis is ’n ervare beoordelaa­rspan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa