TV Plus (Afrikaans)

Dodelik siek

Karmen word deur ’n vreemde siekte platgetrek.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Daar is blykbaar geen einde aan die ellende wat die Meintjies-familie tref nie. Klein Karmen (Gabriella Linton) begin nou eers aanpas ná haar ontvoering in Maart verlede jaar, maar ’n nuwe skok wag op haar vervreemde ouers, Vanessa (Ingrid Paulus) en Xander ( Theodore Jantjies).

SLAAP SLEG

Die vyfjarige Karmen kuier vir die week by haar pa wanneer sy onverwags siek word. Xander laat Vanessa – met wie hy intussen ooreengeko­m het op ’n wapenstils­tand – op Woensdag 11 April weet Karmen is siekerig en het sleg geslaap.

“Vanessa is dadelik ontsteld wanneer sy hoor haar kind is siek,” sê Ingrid. “Maar sy besluit om nie spoke op te jaag nie, en Xander verseker haar daar is nie rede tot kommer nie, hy sal na Karmen omsien.”

Maar dinge word erger wanneer Xander sy dogtertjie op Donderdag 12 April nie kan wakker kry nie. Angstig bel hy dr. Alexa (Carina Nel) by die Hillside-kliniek en laat weet hulle is op pad, asook vir Vanessa wat haar dadelik soontoe haas.

BUITE BEHEER

Vanessa is rasend van bekommerni­s wanneer sy by die kliniek opdaag. “Sy haat dit om nie in beheer te wees nie,” vertel Ingrid oor haar karakter. “Die oomblik wanneer iets onverwags gebeur en Vanessa voel sy kan dit nie beheer nie, neem haar vrees en woede oor. Sy vlieg Xander in en bevraagtek­en hom oor alles, veral hoekom hy nie al vroeër iets gedoen het toe Karmen siek geword het nie.”

Terwyl Karmen steeds in ’n ernstige toestand is, laat die dokters verskeie toetse doen. Maar daarna het hulle steeds nie ’n idee wat haar makeer nie. “Die nuus veroorsaak net meer frustrasie en onsekerhei­d vir Vanessa en Xander, want hulle wil weet wat hul kind makeer,” voeg Ingrid by.

MOED EN ONDERSTEUN­ING

Op Maandag 16 April probeer Vanessa se ma, Charmaine ( Vinette Ebrahim), haar dogter en Xander moed inpraat, maar dit bring nie juis vertroosti­ng vir die raadop ouers nie. ’n Bekommerde Vanessa vergeet heeltemal van haar woede vir Xander, en die twee kom ál nader aan mekaar terwyl hul kind se toestand steeds verswak. “Vanessa en Xander besef hulle moet mekaar in die moeilike tyd ondersteun,” sê Ingrid.

Alexa vertel almal uiteindeli­k op Woensdag 18 April wat Karmen makeer. Vanessa en Xander is geskok wanneer hulle die diagnose hoor, want is daar ’n kuur of nie? En gaan Karmen gesond word?

VANNESA EN JUSTIN

Vanessa en haar werknemer Justin (DannJaques Mouton) het op Woensdag 28 Maart ’n geheime verhouding aangeknoop. Tot dusver weet niemand nog van hul romanse nie, maar met Karmen wat siek word kan hul liefde moontlik verflou . . .

“Karmen se siekte ruk die mat onder Vanessa se voete uit,” vertel Ingrid. “Haar volle aandag is nou by haar dogter, en sy sit haar verhouding met Justin op ys.” En dan gaan soek sy boonop vertroosti­ng by Xander!

 ??  ?? Klein Karmen beland in die hospitaal en die dokters krap kop oor haar toestand.
Klein Karmen beland in die hospitaal en die dokters krap kop oor haar toestand.
 ??  ?? Vanessa is rasend van bekommerni­s.
Vanessa is rasend van bekommerni­s.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa