TV Plus (Afrikaans)

Liefde in die Laan

André en Connie word uiteindeli­k ’n paartjie, maar is dit van korte duur?

- 7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Laanliefhe­bbers was einde Maart in hul skik toe die sjef Vince (Jacques Blignaut) en Aggie (Mimi Mahlasela), ’n geleenthei­dsbeplanne­r by Bruynwaves, weer hul liefdespad na mekaar gevind en ’n paartjie geword het. En dit was nie die einde van nuwe Laanliefde nie. André (Marcus Muller) vra Connie (Quinne Brown Huffman) uiteindeli­k op Vrydag 13 April om die vrou in sy lewe te wees, al was hul verhouding die afgelope tyd wankelrig. Maar as dinge eers moeilik begin, is daar dikwels ’n moeilike einde . . .

SPOOK UIT DIE VERLEDE

Quinne sê Connie is weer reg vir liefde. “Maar dinge uit haar verlede pla nog,” sê sy met verwysing na Connie se stormagtig­e verhouding met haar eksman, Matt (David Dukas), wat in Desember verlede jaar tot ’n einde gekom het. “Matt het haar fisiek en emosioneel mishandel, en hoewel Connie weet André sal nooit so optree nie, sukkel sy om enige man ten volle te vertrou,” verduideli­k Quinne.

Connie besluit op Donderdag 12 April sy gaan haar vrees oorkom en konfrontee­r André oor waar hulle met mekaar staan en of hulle ’n ernstige verhouding gaan begin of nie.

AMPTELIKE PAARTJIE

Die volgende dag, op Vrydag 13 April, is dit Aggie – Connie se bestie en woonstelma­at – wat eerste die nuus kry: Connie en André is amptelik ’n paartjie. “Connie is dolverlief en gelukkig,” sê Quinne. “Sy sien daarna uit om ’n toekoms saam met André te bou.”

Maar min weet sy daar gaan op Woensdag 18 April ’n donker kant van André na vore kom wanneer hy emosioneel te betrokke raak by ’n nuwe kliënt se saak. “Connie kom agter daar is iets groots wat André pla, maar hy wil nie openhartig daaroor praat nie,” sê Quinne.

 ??  ?? Connie is dolgelukki­g wanneer André (inlas) uiteindeli­k die man in haar lewe word.
Connie is dolgelukki­g wanneer André (inlas) uiteindeli­k die man in haar lewe word.
 ??  ?? Aggie en Vince wys met ’n soen hoe hulle oor mekaar voel.
Aggie en Vince wys met ’n soen hoe hulle oor mekaar voel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa