TV Plus (Afrikaans)

Paniekbeva­nge

Siya tree vreemd op nadat hy en sy meisie Michelle deur boewe aangeval word.

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

Michelle (Greta Pietersen) studeer die afgelope tyd hard vir haar eksamen as aptekerass­istent en is verheug wanneer sy op Woensdag 11 April haar uitslae ontvang en sien sy is al haar vakke deur. Sy en haar kêrel dr. Siya (Gantane Kusch), wat haar help studeer het, gaan vier dit op Donderdag 12 April saam met vriende by die Bridge-kroeg. Maar wanneer Michelle vir Siya ’n peperduur horlosie gee as ’n dankiesê- geskenk, loer ’n skobbejak hulle af, en dit gaan ’n nare nadraai vir Siya se persoonlik­heid hê!

HIER KOM MOEILIKHEI­D

Later dieselfde aand nooi Siya vir Michelle na sy woonstel en terwyl hulle wegneemkos eet, klop iemand aan die deur. “Wanneer Siya die deur oopmaak, bars die man wat vroeër in die kroeg was met ’n makker by die woonstel in,” sê Gantane. “Hulle vat al die waardevoll­e goed soos die horlosie, Michelle se beursie en haar juwele. Maar dis nog nie genoeg nie,” sê hy: Hulle dring daarop aan Siya moet hulle in sy motor na ’n kitsbank neem sodat hy al die geld in sy rekening kan trek. “Hulle bind Michelle vas voor hulle koers kies met Siya.”

VERWERK DIE TRAUMA

Nadat Siya die geld en uiteindeli­k ook sy kar vir die boewe gegee het, hardloop hy op Vrydag 13 April terug na sy woonstel. “’n Getraumati­seerde Michelle is verheug om Siya te sien,” sê Greta. “Maar wanneer Michelle hom uitvra oor wat gebeur het toe hulle hom weggevat het na die kitsbank, wil Siya nie daaroor uitbrei nie. Dit laat Michelle wonder of daar dalk iets gebeur het wat hom verder geraak het,” vertel Greta.

ANGS NEEM OOR

Siya kry op Maandag 16 April ’n angsaanval, maar probeer hard om dit weg te steek vir Michelle wat vir hom by sy woonstel gaan kuier. Greta sê Michelle kom dadelik agter iets is nie pluis nie. “Sy kan sien Siya is angstig, maar wanneer sy hom daaroor uitvra praat hy dit weg,” sê die aktrise.

Later die dag voel Siya oorweldig deur sy Ruiterbosc­h-vriende se ondersteun­ing en simpatie. Maar een persoon is nie so ondersteun­end nie: Michelle se eksman, Stefan (Gideon Lombard). “Hy sê vir Siya hy het nie vir Michelle beskerm nie. Daar is nie genoeg sekuriteit by sy woonstel nie en as daar was, sou die aanval vermy kon word.”

WOEDE-UITBARSTIN­GS

Siya besef steeds nie hoe die hele affêre hom geraak het nie, maar klein dingetjies begin hom op Woensdag 18 April ontstel en laat hom aggressief optree.

Ty (Maurice Paige), Siya se vriend en uitsmyter by die Bridge, sien dit raak en probeer hom help. “Hy stel voor Siya moet saam met hom begin boks om so van sy aggressie ontslae te raak,” sê Gantane. Siya is dankbaar vir Ty se aanbod, maar maak geen beloftes nie.

Intussen wil Siya op Maandag 23 April ’n man in die Oos-Wes-restaurant met sy vuiste bykom wanneer hy na Siya se smaak effens te veel na Michelle kyk. Dit ontstel Michelle vreeslik. “Siya is duidelik nie homself nie en sy aggressiew­e houding teenoor ’n vreemdelin­g is uiters vreemd,” sê Greta.

 ??  ?? Een van die boewe rig ’n pistool op Siya (links) en Michelle.
Een van die boewe rig ’n pistool op Siya (links) en Michelle.
 ??  ?? Siya red Michelle nadat die skelms met sy geld en kar weggejaag het.
Siya red Michelle nadat die skelms met sy geld en kar weggejaag het.
 ??  ?? Die skurk dwing Siya om saam met hom na ’n kitsbank te gaan om al sy geld te trek.
Die skurk dwing Siya om saam met hom na ’n kitsbank te gaan om al sy geld te trek.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa