TV Plus (Afrikaans)

Wraakspel

Kwaito en Tbose beland in die moeilikhei­d omdat hulle die dosent mnr. Spiller aanval.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Tbose (Cornet Mamabolo) wil hê sy varsitykam­ermaat, Kwaito (Clement Maosa), moet sy dosent

mnr. Spiller (Jürgen Hellberg) gaan aangee omdat hy Kwaito se ingenieurs­projek in Maart gesteel het, maar Kwaito het ander planne op Woensdag 11 April. Hy kry ’n toegangska­art by sy oneerlike IT-pel Fanie (Gift Mokampanya­ne) vir die gholfbaan waar die dosent speel. Maar op Vrydag 13 April “kry Tbose nie ’n goeie gevoel wanneer hulle oor die gholfbaan na die dosent toe sluip nie”, sê Cornet. “Hy probeer Kwaito keer, maar dit help nie.” Met gholfstokk­e byderhand en ’n vurige student wat voel hy is bedrieg, is mnr. Spiller nie veilig nie.

SING ’N ANDER DEUNTJIE

Kwaito en die dosent het ’n konfrontas­ie op Maandag 16 April, maar dis nie duidelik wie reg en wie verkeerd is nie, erken Cornet. Spiller meen hy het die prototipe op Maandag 19 Maart gekoop en vir Kwaito die geld gegee wat hy gebruik het om sy suster

Pretty (Lerato Marabe) se universite­itskuld te betaal. “Kwaito ontken dit,” sê Cornet, “en mnr. Spiller verander sy storie. Hy beweer die geld was eintlik ’n voorskot op die salaris wat Kwaito by sy ingenieurs­firma sou verdien nadat hy graad gevang het.” Kwaito eis sy prototipe terug, maar mnr. Spiller het skaars gesê hy moet loop, of “die dosent lê bewusteloo­s op die grond en bloei. Kwaito en Tbose dink mnr. Spiller is dood en vlug,” vertel Cornet.

ARRESTASIE

Omdat hulle besef hulle het te ver gegaan, gee die studente hulle op Vrydag 20 April oor en is steeds onbewus van Spiller se toestand, maar dis nie hul grootste bekommerni­s nie. Hulle is in 2014 gearrestee­r vir die tref- en-trapongelu­k wat Ben Kunutu (die rol is nie gevul nie) se dood veroorsaak het. “Kwaito wil die gevolge alleen dra, maar Tbose weier om sy vriend te verlaat,” sê Cornet. Tbose se prokureurb­roer Leeto (Eric Macheru) reël vir hulle borgtog op Maandag 23 April, maar net omdat daar geen bewyse is nie. “Hulle is nog nie vry nie,” waarsku Cornet. “Niemand kan Spiller se liggaam opspoor nie.” Voorlopig . . .

 ??  ?? Tbose (links) en Kwaito se “gholfdag” eindig met ’n bloederige hou.
Tbose (links) en Kwaito se “gholfdag” eindig met ’n bloederige hou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa