TV Plus (Afrikaans)

Die klub-koning

Almal wil deel wees van MaNgcobo se glansryke nuwe projek Club Genesis, maar GC glo daar’s net een man vir die werk.

-

Uzalo Weekdae SABC1 (*191) 20:30

KwaMashu gons oor die nuus dat MaNgcobo (Dawn Thandeka King) personeel gaan aanstel vir haar spoggerige nuwe “projek”, Club Genesis. Hulle weet nie die nagklub is gekoop met geld van haar slinkse Paasroofto­g op Vrydag 30 Maart nie, maar kykers kan hul pruike en vals naels verwed die styl-superster GC (Khaya Dladla) gaan voor in die werktou staan. Wie anders kan MaNgcobo tog kies as haar “glansryke ontvangspe­rsoon”?

GOED VIR DIE SALON

GC het pas, op Donderdag 19 April, teruggekee­r na sy werk by die salon, maar hy is nie van plan om dit te los nie. “Die werk by Club Genesis is ná sy salonure en dit beteken ekstra geld. Hy weet die klub is waaroor almal praat,” verduideli­k Khaya. Boonop sal niks die geld vir die salon laat inrol nie soos ’n spoggerige nuwe kuierplek waarvoor almal op hul beste wil lyk, voeg hy by. Die salon het juis ekstra besigheid broodnodig – die boeke lyk so sleg,

Fikile (Nelisa Mchunu) oorweeg dit om permanent na die klub te verkas voor sy heeltemal platsak is.

UITGEKNIP VIR DIE POS

GC is gretig vir sy eerste onderhoud op Vrydag 20 April, en Khaya glo die werk het pluspunte en nadele vir sy karakter. “Hy sal goed wees daarmee, want hy is ’n mense-mens. Hy sien die werk as ’n droom wat waar geword het, want MaNgcobo is een van die prominente vroue in die township. Die enigste bekommerni­s is GC is ’n herstellen­de alkoholis en hy kan in die versoeking kom,” sê Khaya. MaNgcobo weet nie wat haar tref nie wanneer GC inwals vir sy onderhoud. “Hy het hom modieus uitgevat, kleur by sy hare gevoeg, sy grimering is foutloos en hy’s reg om haar met sy ‘Engrish’ te beïndruk,” skerts Khaya.

GC VERSUS FIKILE

Khaya waarsku GC se skerp tong kan hom te ver laat gaan met MaNgcobo. “Die onderhoud is nie ’n dawerende sukses nie, want GC praat onvleiend van sy medekandid­aat en vriendin Fikile. En hy probeer te hard om MaNgcobo te beïndruk deur sy parfuum te gebruik tydens die onderhoud . . . dit gaan nie goed af nie.” GC laat nie toe dat dit hom onderkry nie, en op Dinsdag 24 April is dit sy tweede probeersla­g. “Hy behoort deel te wees van die klub,” sê Khaya. “Dis ’n unieke kans en GC gaan seker maak hy word by daai klub gesien, kom wat wil!”

 ??  ?? GC (regs) probeer MaNgcobo oortuig sy het hom “nodig” vir sukses.
GC (regs) probeer MaNgcobo oortuig sy het hom “nodig” vir sukses.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa