TV Plus (Afrikaans)

Nee vir die lewe

Bongi gebruik Lungile se selfdoodpo­ging om hul huwelik te red.

-

Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

Die musiekbaas Lungile (Meshack Mavuso) het die afgelope maande alles verloor: sy werk, sy minnares Lerato (Samkelo Ndlovu) en hul baba tydens ’n duiwelse baba-omruiling in Maart. Hy ervaar ’n donker laagtepunt op Donderdag 12 April wanneer die herstellen­de alkoholis antwoorde in die bodem van ’n bottel soek – en dit vererger. “Hy het baie om oor te dink,” verduideli­k Meshack eerlik. “Hy dink as hy van ’n gebou afspring sal dit sy probleme oplos.” Lungile dreig om by ’n venster in klub Zero11 uit te spring, maar ’n personeell­id herken hom as die sangeres Bongi (Thembi Seete) se man en bel haar op Vrydag 13 April. “Niemand ken hom soos Bongi nie. Hulle is albei herstellen­de alkoholist­e en sy’s die enigste persoon wat tot Lungile kan deurdring,” verduideli­k Meshack. Vir Bongi is dit die perfekte geleenthei­d om haar vervreemde man en hul huwelik te red.

KARMA SE WRAAK

Hul agteruitga­ng het in Julie 2017 begin toe Lungile beheer van Bongi se platemaats­kappy probeer neem het. Gulsigheid is ’n monster en Lungile het sover gegaan om Bongi te vergiftig en haar in ’n psigiatrie­se inrigting te laat opneem. Van buite af het dit gelyk of hulle aanbeweeg het op Maandag 16 April, onthul Meshack. “Bongi sê vir Lungile hy moet ’n AA-vergaderin­g bywoon,” maar die akteur voeg by agter die skerms is Bongi bewus daarvan sy het Lungile depressief gemaak. In Maart het sy Lerato se baba met haar vriendin Nomalanga (Nomalanga Shozi) se sterwende pasgeboren­e omgeruil en gedink dit sou die einde van Lungile en Lerato se verhouding wees. “Bongi het geen idee gehad sy sou tot Lungile se depressie bydra nie. Selfs al voel sy skuldig sal sy nooit haar rol erken nie – sy het Lungile terug en haar plan het gewerk, miskien nie hoe sy dit beplan het nie, maar dit het gewerk,” sê Meshack.

VUIL DADE

“Tog vermoed Lungile iets, maar hy besef nie die omvang daarvan nie,” sê Meshack, daarom stem Lungile op Dinsdag 17 April in om terug te trek na Bongi. Daar is een komplikasi­e vir Bongi: haar kêrel Bash (Siphiwe Mtshali) weet wat die waarheid is. Maar Lungile sal sy oë moet oophou, sê Meshack, want Bash dreig om Bongi se herstelde huwelik te ruïneer. Jy sou dink Bash het sy les geleer: Moenie vir Bongi dreig nie . . . nooit nie!

 ??  ?? Bongi probeer Lungile kalmeer terwyl David Genaro (Jamie Bartlett) toekyk.
Bongi probeer Lungile kalmeer terwyl David Genaro (Jamie Bartlett) toekyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa