TV Plus (Afrikaans)

Vashti Prins

Wat gaan in jou gunsteling-aktrise se kop aan?

-

Danni Hendricks weet wat dit is om hard te werk as die besige sekretares­se by Suidooster Eiendomme in die sepie Suidooster, en vir die aktrise Vashti Prins, wat die karakter speel, is dit nie anders nie. Tussen die verfilming van haar sepietonel­e deur werk die 23-jarige Vashti hard daaraan om SA se volgende Charlize Theron te word en om by te bly met alle TV-dinge. En die kassie het haar lewe op meer as een manier beïnvloed.

Wat was die eerste TV-program wat jy as kind kastig saam met jou maats gespeel het? Dit was die fliek Titanic (1997), maar nadat ons dit op die kassie gesien het. Die toneel waarin Jack (Leonardo DiCaprio) Rose (Kate Winslet) aan die voorkant van die skip laat staan en skree het: “Ek vlieg!” Wie was die eerste TV-ster op wie jy verlief geraak het? Beslis Bradley Cooper met sy dromerige blou oë! [Hy het in 2015 ’n terugkeren­de rol gehad in die sci-fireeks Limitless, die kassieweer­gawe van sy 2011-fliek.] Wat het jy gedoen as ’n intieme oomblik opduik terwyl jy saam met jou gesin TV gekyk het? My pa het altyd geskree: “Maak toe julle oë!” en ek het dit gedoen maar gegiggel, want dit het my baie ongemaklik laat voel. Watter produk wat jy op die kassie gesien het, sou jy graag wou hê? Daardie reuse- opblaasbar­e menslike hamsterbal­le. Dit lyk soos iets waarmee ’n mens pret kan hê. Watter karakter se klerekas sou jy graag wou hê? Carrie en Samantha (Sarah Jessica Parker en Kim Cattrall) van die Sex And The City-flieks (2008, 2010), of Anne Hathaway s’n ná haar oormaakses­sie in die 2006-fliek The Devil Wears Prada. Watter reekse is tans jou gunsteling? Die komedieree­ks New Girl (2011-nou), die sci-fi-reeks Supergirl (2015nou), The Flash (2014-nou), en die dramareeks This Is Us (2016-nou).

Watter werk sou jy agter die skerms wou doen? Ek sou waarskynli­k die komponis en in beheer van die musiek wou wees, want dit speel ’n belangrike rol in die gehoor se emosionele reis. Ek het ’n spesiale band met musiek en ek het die vermoë om dit perfek met ’n visuele oomblik te verbind om emosie te skep.

Watter TV-karakter is jou gunsteling-held? Supergirl (Melissa Benoist), want sy beveg die slegte ouens en wen altyd, red lewens, kan rondvlieg en lyk altyd supercool terwyl sy dit doen. [Lag.] Van watter reeks sou jy graag ’n nuwe weergawe wou maak

en deel van wou wees? Ek sou graag ’n nuwe weergawe van die sitkoms The Golden Girls (19851992) of Friends (1994-2004) wou maak. Albei is snaaks en gevat en hulle het ’n goedvoel-element. Kykers was mal oor die twee reekse, veral omdat hulle hul met die reekse kon vereenselw­ig en dit jou tuis laat voel het. Ek hou ook van gekskeer en om in die geselskap van grapmakers te wees. Dis waarvan ek As jy deel enige wil karakter wees. kon speel, wie soos sou Charlize dit wees? Theron Karakters se rol as Lorraine Broughton in [die 2017-aksiespioe­nfliek] Atomic Blonde. Die sterk vroue uitoorlê hul teenstande­rs, hulle is dodelik en toon geen genade nie. Hulle veg fisiek om oorlewing en hulle domineer. Ons sien nie dikwels vroue in sulke rolle nie. Om so ’n rol te speel is eerlikwaar ’n doel. Watter reeks kan jy tans nie ophou kyk nie? Die meeste is op ’n produksieb­reek, maar dis gewoonlik New Girl of die regsdramar­eeks Suits (2011-nou). Watter reeks en episode het jou onlangs laat huil? This Is Us seisoen 1 episode 16, toe Randall (Sterling K. Brown) se biologiese pa, William (Ron Cephas Jones), aan kanker dood is. Al die trane wat gestort kon word, is gestort. Watter reeks het jou inspireer om aktrise te word? Dit was nie ’n spesifieke reeks of akteur nie – dit was TV in die algemeen. Dit was die feit dat ek kon wees wat ek ook al wou wees, en dit het na die enigste loopbaan gelyk waar hulle die kind in jou aanmoedig en die kinderlike verbeeldin­g in jou na vore kan kom. Jou gunsteling-ikoon is? Saoirse Ronan – die Ierse aktrise het die hoofrol in seisoen 2 van die 2005-dramareeks Proof gespeel. En as jy een ding aan jou huidige karakter kon verander, wat sou dit wees? Dat Danni haar kêrel Tim (Marco Spaumer) se leuens nie so maklik duld nie. • Lees meer op ble. 14-16.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa