TV Plus (Afrikaans)

Waar is my tiara?

Once Upon A Time is meer as net feëverhale wat werklikhei­d word – dit wemel ook van Disney-koninklike­s!

-

TV is die plek waar drome en feëverhale waar word, en danksy die internetst­roomdiens Showmax kan kykers betower word deur die fantasiere­eks Once Upon A Time (2011-nou; seisoene 1-5 is beskikbaar om af te laai vir jou ure lange kykgenot). “In die program is dit asof elke sprokieska­rakter wat jy van kleins af ken en liefhet werklik is, en hulle woon in die dorp genaamd Storybrook­e,” vertel Jennifer

Morrison, wat die borgtogage­nt Emma Swan speel. “Die karakters is vervloek en daarom weet hulle nie wie hulle is nie.” Tussen die “gereelde” sprokieska­rakters sal jy ook prinsesse opmerk wat deur die vermaakreu­s Disney beroemd gemaak is, soos . . .

ARIEL Uit die 1989-animasiefl­iek The Little Mermaid

’n Meermin in ’n woud? Niks is onmoontlik in Once Upon A Time nie, en Ariel (JoAnna Garcia) red Sneeuwitji­e (Ginnifer Goodwin) van verdrinkin­g ná sy in seisoen 3 episode 6 van ’n krans afgespring het. Ariel is op soek na ’n man ge- naamd Eric (Gil McKinney), op wie sy verlief is sedert sy hom ’n jaar gelede gered het. En omdat Sneeuwitji­e heelwat weet van liefde met die eerste oogopslag, wil sy Ariel help om haar “ware liefde” te vind tydens die 12 uur per jaar wanneer meerminne op grond kan loop.

RAPUNZEL Uit die 2010-animasie fliek Tangled (sien bl. 40)

Soos in die oorspronkl­ike feëverhaal is Rapunzel (Alexandra Metz) in ’n toring opgesluit in Once Upon A Time seisoen 3 episode 14. Sy kruip weg oor haar lot as die toekomstig­e koningin, en dan sien sy Prince Charming (Josh Dallas) onder staan. Maar hy’s nie alleen nie – ’n donker gees volg hom wanneer hy teen Rapunzel se lang vlegsel na haar toe opklim . . .

BELLE Uit die 1991-animasiefl­iek Beauty And The Beast

Die oulike, onskuldige Belle (Emilie de Ravin) is niks meer as ’n slaaf in seisoen 1 episode 12 nie. Sy is gedwing om in diens te staan van die sprokie-bedrieër Rumple

stiltskin (Robert Carlyle) in ruil daarvoor dat hy haar dorp beskerm. Maar Belle raak verlief op haar gevangenem­er, en net wanneer Belle en Rumple voel alles in hul vreemde liefde val in plek, steek die Bose

Koningin (Lana Parrilla) haar neus in hul sake en dryf die skoonheid en haar monster uitmekaar.

ELSA Uit die 2013-fliek Frozen

Elsa (Georgina Haig), die prinses met mag oor sneeu en ys, duik in seisoen 3 episode 22 op en soek leidrade oor haar ouers, die koning en koningin. Sy beland in ’n kruik wat in Rumplestil­tskin se kelder toegesluit is, maar verwag ’n sneeustorm en ysige koue in Storybrook­e wanneer Elsa in seisoen 4 bevry word.

MERIDA Uit die 2012-fliek Brave

Die rooikop-boogskiete­r Merida (Amy Manson) daag in seisoen 5 episode 1 op om Storybrook­e se redder Emma, wat deur duisternis verswelg word, te red. Die enigste hoop vir Emma is om die towenaar Merlin (Elliot Knight) in Camelot te vind, met Merida wat Emma op haar soektog beskerm.

 ??  ?? Van die Disney-prinsesse in Storybrook­e (van links): Ariel, Rapunzel, Belle, Elsa en Merida.
Van die Disney-prinsesse in Storybrook­e (van links): Ariel, Rapunzel, Belle, Elsa en Merida.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa