TV Plus (Afrikaans)

Welkom in die Welman-familie

Hilda en Mariaan bou aan hul ma-dogter-verhouding.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Dit het uiteindeli­k gebeur! Mariaan (Deirdre Wolhuter) het op Dinsdag 17 April uitgevind haar biologiese ma is Hillside se geliefde inwoner – Hilda (Annelisa Weiland). Maar dinge is aanvanklik ongemaklik tussen die twee vroue, wat tot onlangs mekaar se beste vriendinne was. En die oorgang wat hulle moet maak om mekaar nou as ma en dogter te aanvaar, gaan nie so maklik wees nie.

WAT NOU?

“Hilda is verlig die waarheid is uit,” sê Annelisa. “Sy het lank gewik en geweeg of sy Mariaan moet vertel nadat sy uitgevind het Mariaan is haar dogter [in Februarie, lees hiernaas]. Dit voel of ’n berg van haar skouers af is. Al waarop Hilda nou kan hoop, is dat Mariaan haar as haar ma sal aanvaar.”

INTROSPEKS­IE

“Toe Amorey [Kristen Raath], Mariaan se vervreemde dogter, haar ma tydens ’n familie- ete saam met Hilda vertel wie Hilda eintlik is [op 17 April], was Mariaan totaal onkant gevang. Sy het gedink Amorey jok vir haar en sê dit net om haar seer te maak. Maar toe sy die uitdrukkin­g op Hilda se gesig sien, het Mariaan besef Amorey praat die waarheid,” vertel Deirdre.

Ná introspeks­ie het Mariaan op Vrydag 20 April besluit genoeg is genoeg – sy en Hilda moet dinge uitpraat. “Hulle het ’n openhartig­e gesprek, en Hilda vertel Mariaan alles oor haar omstandigh­ede destyds en waarom sy haar noodgedwon­ge vir aanneming moes opgee,” sê Deirdre. Mariaan is diep geraak deur Hilda se storie en besef sy kan nie vir iemand beters as Hilda vra om haar ma te wees nie.

KOMBUISTRU­UKS

Mariaan en Hilda bring ál meer tyd saam deur, en op Woensdag 25 April leer Hilda haar dogter ’n paar truuks in die kombuis. “Sy deel haar gunsteling­resepte met Mariaan, soos haar dadelvinge­rs, en wys haar hoe jy ’n ordentlike bord kos vir jou man berei,” vertel Annelisa laggend.

Deirdre, wat ons al voorheen vertel het sy wil graag hê haar karakter moet leer kook, is te bly Hilda wys Mariaan hoe dit gedoen word. “Dis hoog tyd! Mariaan is treurig in die kombuis, en Hilda is die ideale een wat haar kan leer kos maak,” sê Deirdre.

Op Donderdag 26 April vind die res van die Laners uit Hilda en Mariaan is ma en dogter. “Connie [Quinne Brown Huffman] kan eers haar ore nie glo nie, maar sy is baie bly vir Hilda se onthalwe,” vertel Annelisa.

FEESVIERIN­G

Die Welmans nooi Hilda op Maandag 30 April vir ’n groot makietie om haar amptelik in die familie te verwelkom. “Dis ’n roerende affêre,” deel Annelisa. “Daar was ’n gat in Hilda se hart sedert haar huwelik met Oubaas [Pierre van Pletzen] geëindig het [in Oktober 2017]. Maar die Welmans – en veral Mariaan – vul nou die leemte met hul liefde en aanvaardin­g.”

 ??  ?? Mariaan (links) en Hilda se lewe verander ingrypend.
Mariaan (links) en Hilda se lewe verander ingrypend.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa