TV Plus (Afrikaans)

’n Aggressiew­e kant

’n Nuwe hofsaak laat André se geraamtes uit die kas tuimel.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die aantreklik­e Hillside-prokureur André (Marcus Muller) se eenvoudige lewe en verhouding met die boetiekbes­tuurder Connie (Quinne Brown Huffman) word bedreig.

Die geraamtes in sy kas begin kriewel wanneer hy op Woensdag 25 April emosioneel betrokke raak by ’n kliënt se saak. “Die storielyn gaan kykers laat wonder oor André, maar soos die gebeure ontvou sal mense verstaan waarom hy so optree,” vertel Marcus geheimsinn­ig.

DOMINEE SE VAL

André het middel April betrokke geraak by die hofsaak oor dominee Burger (Arnold van Heerden), wat op Maandag 9 April na die Hillside-kliniek gebring is nadat hy van die balkon van sy woonstel geval het.

“Dominee Burger se kerkraad het na ’n regsklinie­k gegaan en hulp gevra, omdat die dominee se val verdag gelyk het. Die regsklinie­k het André toe genader om die staatsaank­laer met die saak te help, sodat hulle kan seker maak niks word misgekyk nie,” vertel Marcus.

Soos André meer inligting bekom het, veral oor die dominee se seun, Jacques (Ruan Wessels), wat sy pa blykbaar van die balkon afgestamp het, het hy begin besef daar is meer aan die saak as wat hulle aanvanklik gedink het, voeg Marcus by.

ONDERDRUKT­E PYN

Ná sy eie speurwerk kom André op Woensdag 25 April op inligting af wat daarop dui Jacques het dalk geregverdi­ge redes gehad om so teenoor sy pa op te tree. Die dominee is nou verlam en is breindood verklaar.

“André het geen konkrete bewyse nie, maar sy vermoede van mishandeli­ng is sterk,” sê Marcus. “En dit ontstel André, want dit diep herinnerin­ge op van sy eie kinderjare en sy moeilike verhouding met sy pa. André onderdruk dit al jare lank.”

Omdat André besef hy raak emosioneel by die saak betrokke, nader hy later op Woensdag 25 April een van sy prokureurs­vriende om die saak by hom oor te neem.

TERUGFLITS­E EN WOEDE

Die volgende dag, op Donderdag 26 April, gaan dit nie goed met André nie. Hy sukkel om die Burger-saak te laat vaar.

“Hy kry gedurig terugflits­e van insidente tussen hom en sy pa, en boonop tree hy kwaadwilli­g teenoor Connie op,” sê Marcus.

Dit ontstel Connie, wat self jare lank aangerand en mishandel is deur haar eksman, Matt (David Dukas). André weet van alles wat Matt aan Connie gedoen het, en omdat hy nie dieselfde aan haar wil doen nie, begin hy haar vanaf Vrydag 27 April wegstoot. En dis maar goed so, want op Maandag 30 April het hy ’n visioen waar Connie in gevaar is en dis alles sy skuld,” vertel Marcus.

DRAMA IN DIE HOF

Intussen begin Jacques se hofsaak op Woensdag 2 Mei en die spanning loop hoog. Jacques se ma, mev.

Burger (Franci Swanepoel), getuig in die hof en die dinge wat sy kwytraak maak Jacques so kwaad, hy bars aggressief in die hof uit.

Sy reaksie doen sy saak natuurlik geen guns nie – dis duidelik wanneer die hofverrigt­inge op Vrydag 4 Mei hervat word.

Elders gaan dit nie beter met André nie. “Hy verwyt homself omdat hy sy donker kant gewys het. En dit juis aan Connie, vir wie hy soveel omgee,” vertel Marcus.

 ??  ?? Beter dae tussen André en Connie, toe hulle ’n soen deel. André se lewe is besig om uitmekaar te val weens spoke uit sy verlede.
Beter dae tussen André en Connie, toe hulle ’n soen deel. André se lewe is besig om uitmekaar te val weens spoke uit sy verlede.
 ??  ?? Daar’s groot drama wanneer dominee Burger deur die Beleef- kelner Ben (links, Louis Auret) na die kliniek gebring word.
Daar’s groot drama wanneer dominee Burger deur die Beleef- kelner Ben (links, Louis Auret) na die kliniek gebring word.
 ??  ??
 ??  ?? Jacques is ’n probleemki­nd en die hoofverdag­te in die hofsaak oor sy pa.
Jacques is ’n probleemki­nd en die hoofverdag­te in die hofsaak oor sy pa.
 ??  ?? Dr. Alexa (Carina Nel) praat met dominee Burger se gemeentele­de in die kliniek.
Dr. Alexa (Carina Nel) praat met dominee Burger se gemeentele­de in die kliniek.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa