TV Plus (Afrikaans)

Kletsrymer kuier in die Laan

HemelBesem stel sy boek in Hillside bekend.

-

Die boekwinkel­assistent Olivia (Nadia Herbst) is ’n bondeltjie senuwees op Vrydag 27 April wanneer die kletsrymer, skrywer en TV-aanbieder Simon Witbooi, beter bekend as HemelBesem, nie opdaag vir sy beplande boekbekend­stelling in Hillside nie. Sy bel aanhoudend, maar hy antwoord nie sy foon nie, en later is sy amper in trane. Maar Simon sê dis net ’n misverstan­d. “Alles word ’n paar dae later opgeklaar,” voeg hy by.

ERVARING SOOS MIN

Danie Odendaal Produksies, 7de Laan se vervaardig­ers, het HemelBesem in Februarie genooi om in die sepie te verskyn in ’n storielyn wat in Mei op die kassie sal wees.

“Die vervaardig­ers wou kykers blootstel aan die hip-hop-kultuur, waarvan ek deel is,” vertel Simon. “Omdat daar klaar ’n boekwinkel is en ’n plek waar ek kan optree [Stasie Ses], is besluit om my boek en musiek by die storie in te werk.” HemelBesem se outobiogra­fie, God Praat Afrikaans, het verlede jaar verskyn.

Dit was ’n ervaring soos min, sê Simon. “Almal op die stel was baie gaaf.

Matrone [Annelize van der Ryst-Hattingh] het my touwys gemaak, verduideli­k hoe die verfilming werk en my op my gemak laat voel.”

Simon is reeds met sommige van die akteurs bevriend, en vertel hy was verstom deur die prys wat hy van Annelisa Weiland (Hilda) ontvang het vir sy kletsrym-lirieke en musiek.

“’n Paar van die akteurs het ook my boek bestel!” sê hy trots.

IN ’N JAPTRAP GEREËL

HemelBesem daag uiteindeli­k op Werkersdag, Dinsdag 1 Mei, by die boekwinkel op en verduideli­k vir Matrone en Olivia dit was net ’n misverstan­d. Olivia het hom verkeerd verstaan. Hy het gesê hy sal Werkersdag kom, maar Olivia het gedink hy bedoel hy kom op Vryheidsda­g (27 April) vir die boekbekend­stelling.

Matrone en Olivia kan gelukkig vinnig ’n paar oproepe maak om in ’n japtrap ’n funksie vir HemelBesem in Stasie Ses te reël.

Die Laners sorg dat hulle daar is en die geleenthei­d is ’n groot sukses – en as bonus tree HemelBesem op!

 ??  ?? Al die Hillsiders is daar om HemelBesem te ontmoet.
Al die Hillsiders is daar om HemelBesem te ontmoet.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa