TV Plus (Afrikaans)

Speel met vuur

Ian knyp die kat in die donker met Yolandi, die nuwe kelnerin by die Bridge.

-

Die Ruiterbosc­h-eiendomsma­gnaat Ian October (Abduraghma­an Adams) is besig met ’n gevaarlike speletjie. Hy’t ’n verhouding aangeknoop met Yolandi (Trix Vivier), een van die kelnerinne by sy kroeg, die Bridge, en is besig om heeltemal kop te verloor. Ian is so gaande oor die blondine dat sy sakebelang­e en, nog belangrike­r, sy vrou, Bridgette (Denise Newman), ál meer tweede viool begin speel. Maar dit gaan nie lank wees voordat Bridgette snuf in die neus kry nie en dan gaan die twee duifies moet ligloop.

HEELTEMAL MEEGEVOER

“Yolandi is smeulend en daar’s iets gevaarliks aan haar wat vir Ian baie aantreklik is,” verklap Abdu. “Sy’s jonk, sexy en vol selfvertro­ue, terwyl sy Ian ongeloofli­k gemaklik laat voel. Sy huwelik met Bridgette is gereeld in troebel waters, dus verg dit nie veel vir Ian om te kyk hoe lyk die spreekwoor­delike gras aan die ander kant van die draad nie.”

Met sy oog op Yolandi ndi fokus Ian op die bal. En n dis wanneer hy onkant betrap word. Op Woensdag 25 April nooi Bridgette (wat nog niks vermoed nie) Yolandi om by hulle te kom eet.

Bridgette hou van Yolandi. “Sy’s soos ’n vars briesie wat in Ruiterbosc­h waai,” sê Denise. En vir die statusbewu­ste Bridgette om te sê sy hou van ’n beskeie kelnerin soos Yolandi verklap nogal baie.

NIE NET ’N WERKVERHOU­DING

Ian hou hom koelkat tydens die ete en laat geensins blyk daar is meer as ’n profession­ele verhouding tussen hom en Yolandi nie. Maar hy’s die kat se snorbaard op Donderdag 26 April; selfs Bridgette sien die huppel in sy stap maar steur haar nie daaraan nie.

Op Vrydag 27 April kan die verliefdes nie hul hande van mekaar afhou in Ian se kantoor nie. Skielik maak Bridgette haar opwagting sonder waarskuwin­g – en betrap hulle amper op heterdaad.

“Hoewel sy niks gesien het nie, is daar iets in die atmosfeer wat haar agterdogti­g maak,” sê Denise. “Die saadjie is geplant, en sy wonder of daar dalk iets meer as ’n werkverhou­ding tussen Ian en Yolandi is.”

Bridgette se agterdog word aangewakke­r wanneer sy op Woensdag 2 Mei Ian se naskeermid­del aan Yolandi ruik. “Sy kry letterlik snuf in die neus,” vertel Denise. “Sy sit twee en twee bymekaar en besef Yolandi is besig om haar man af te vry.” v Bridgette konfrontee­r late later die dag vir Ian oor Yolandi.

Abdu sê Ian ontken dit h heftig. “Hy praat dit weg en la laat Bridgette glo daar is niks t tussen hom en Yolandi nie.”

LÊ LAAG

Op D Donderdag 3 Mei dring Ian daar daarop aan hy en Yolandi lê vir ’n ruk laag ná die konfrontas­ie met Bridgette. Yolandi is nie gelukkig hieroor nie en lok Ian op Vrydag 4 Mei weer terug na haar boesem. “Die vrou is uitgeslape en weet net wat om te sê en te doen om Ian soos klei in haar hande te maak,” sê Abdu.

Op Maandag 7 Mei lyk dit of Ian en Yolandi se geheime romanse op die lappe gaan kom wanneer Ian se regterhand, Tim (Marco Spaumer), oor Yolandi uitvra. Ian skerm kwaai, maar daar is net soveel wat hy kan doen. Die waarheid gaan die een of ander tyd uitkom.

 ??  ?? Yolandi weet net hoe om Ian (inlas) te verlei.
Yolandi weet net hoe om Ian (inlas) te verlei.
 ??  ?? Die oomblik wanneer Bridgette amper vir Yolandi en Ian uitvang.
Die oomblik wanneer Bridgette amper vir Yolandi en Ian uitvang.
 ??  ?? Yolandi en Ian steel ’n soen.
Yolandi en Ian steel ’n soen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa