TV Plus (Afrikaans)

In die binnekring

Tim word ’n pion in Eugene se dwelmbesig­heid.

-

Op die oog af lyk die argitek Tim (Marco Spaumer) dalk onskuldig, maar hy skroom nie om sy hande vuil te maak as dit hom kan help nie. Dit is wat hy doen op Woensdag 25 April wanneer hy die skiewie word van Eugene Oosthuizen ( Waldemar Schultz), die eienaar van ’n sekerheids­maatskappy en ’n beweerde dwelmsmous. Ons dink dalk dis ’n fout, maar vir Tim is dit ’n uitstekend­e geleenthei­d om deel van die Ruiterbosc­h-binnekring te word. Eugene het hom einde Maart in Ruiterbosc­h ingewurm en die geslepe sakeman Ian October (Abduraghma­an Adams) basies gedwing om hom toe te laat om dwelms in die Bridge-kroeg te verkoop. Ian besit die Bridge en is ook Tim se baas by Suidooster Eiendomme. Toe hy Tim inroep om deel te wees van die nuwe onderduims­e besigheid met Eugene, waarvan Ian ’n deel van die winste kry, het Tim nie twee keer gedink nie.

SPESIALE AFLEWERING

“Tim is baie lojaal teenoor Ian, want Ian het hom ’n tweede kans gegee om by Suidooster Eiendomme te werk nadat hy [in Oktober verlede jaar] ’n kopbeserin­g opgedoen het wat sy tekenvermo­ë belemmer het,” vertel Marco. “Tim sal enigiets vir Ian doen.”

Dinge verloop vlot tussen die makkers Eugene, Ian en Tim. Maar dan vra Eugene Tim se hulp op Woensdag 25 April met ’n spesiale aflewe- ring van goedere.

“Eugene soek bêreplek en hy oortuig Tim om hom te help. Hy wil hê Tim moet vir hom toegang reël om dié artikels, waarskynli­k dwelms, by die Bridge te bêre – maar sonder Ian se medewete,” verduideli­k Marco. Tim is gretig om die binnekring verder te infiltreer en stem in, al is hy lojaal teenoor Ian.

RUG TEEN DIE MUUR

Maar Tim se gewete begin hom die volgende dag pla. Hy laat Eugene mooi verstaan dit gaan nie weer gebeur nie, en dit krap Eugene lelik om. “Hy dreig om Tim se meisie Danni (Vashti Prins) seer te maak as Tim hom nie wil help nie,” vertel Marco. Dit laat Tim twyfel.

Die volgende dag, op Vrydag 27 April, beloon Eugene Tim vir sy werk met ’n koevert vol kontant. Tim aanvaar dit langtand, wat dit duidelik maak hy’s ongemaklik oor wat daar gebeur, maar hy voel hy is met sy rug teen die muur.

AANDAG BY SY SKELMPIE

Ian se aandag is die afgelope tyd net by sy skelmpie, die Bridge-kelnerin Yolandi ( Trix Vivier). [Sien langsaan.] Daarom is dit vir hom ’n groot skok wanneer hy op Dinsdag 1 Mei uitvind Tim werk agter sy rug vir Eugene. Hy’s kwaad, sê Abdu. “Maar Tim gee hom stof tot nadenke, want hy wys daarop Ian se aandag was die afgelope tyd nie by die besigheid nie. G’n wonder hy’t die verwikkeli­ng misgekyk nie!”

Teen Vrydag 4 Mei kom Tim se pa, Chris (Marcel van Heerden), agter daar’s iets wat aan sy seun krap. “En Tim weet as speurder en afgetrede polisieman gaan Chris nie ophou karring aan hom totdat hy uitvind wat pla nie.”

Op Dinsdag 8 Mei probeer Chris weer toenaderin­g soek by Tim, en vang hom uit dat hy lieg wanneer Tim dit die minste verwag.

Maar al die skadudade gaan binnekort onthul word, reken ons.

 ??  ?? Eugene (links) het ’ n guns van Tim nodig.
Eugene (links) het ’ n guns van Tim nodig.
 ??  ?? Eugene gee Tim ’ n kontant- beloning.
Eugene gee Tim ’ n kontant- beloning.
 ??  ?? Ian konfrontee­r Tim oor sy werk vir Eugene.
Ian konfrontee­r Tim oor sy werk vir Eugene.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa