TV Plus (Afrikaans)

Herstelpad vol slaggate

Is dit die einde van Siya en Michelle se verhouding?

-

Dr. Siya (Gantane Kusch) en die pasgeskeid­e Michelle (Greta Pietersen) se jong liefde is bra wankelrig sedert die paartjie begin April deur skurke in Siya se woonstel vasgebind en aangehou is. Michelle hanteer dinge goed in die omstandigh­ede, maar Siya is broos, tog sê hy daar is niks fouts met hom nie.

’N TOE BOEK

“Siya is sedert die aanval nie homself nie. Hy is nog erg getraumati­seer en sy gedrag het intussen verander,” sê Gantane. “Dit maak Michelle bekommerd, en sy voel sy moet dit met iemand bespreek.” Op Woensdag 25 April deel sy haar twyfel oor Siya met haar eksman,

Stefan (Gideon Lombard). “Siya voel sy hoef dit nie met haar eks te bespreek nie,” sê Gantane. Dit dryf ’n wig tussen die paartjie in. Die volgende dag, op Donderdag 26 April, is dit ongemaklik tussen die twee. Siya jok vir Michelle oor sy werk, en hy vermy haar, wat sy agterkom.

’n Moedelose Michelle besluit op Vrydag 27 April om Siya oor sy gedrag te konfrontee­r en stel dit duidelik sy gaan hul verhouding beëindig as hy haar nie vertel wat hom pla nie.

“Hierdie ultimatum laat Siya skrik,” verduideli­k Gantane. Hy speel nog nie heeltemal oop kaarte met sy liefie nie, maar hy verklaar darem vir die eerste keer sy ware liefde aan haar – en dit stel haar gerus. Vir eers.

DINGE RAAK TE VEEL

Siya het ’n emosionele terugslag op Woensdag 2 Mei wanneer hy per ongeluk ’n oordosis pille vir een van sy pasiënte voorskryf.

“Hy besef hy’s broos en dat sy emosionele welstand besig is om agteruit te gaan,” sê Gantane.

Later die dag vertel hy sy goeie vriend Ty (Maurice Paige) wat regtig daardie aand gebeur het nadat die skurke Michelle in die woonstel vasgebind en hom weggeneem het na ’n kitsbank om al die geld in sy bankrekeni­ng te trek. Ons kan nie die besonderhe­de verklap nie, maar weet maar – dit het Siya geknak.

 ??  ?? Michelle soek antwoorde by Siya oor sy vreemde gedrag.
Michelle soek antwoorde by Siya oor sy vreemde gedrag.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa