TV Plus (Afrikaans)

Gevreesde nuus

Ilse moet ’n riskante operasie ondergaan en wil dit eers stil hou.

-

Dit gaan glad nie goed met Okkie (Ben Kruger) se wederhelf Ilse (Hannelie Warren) nie. Ilse het die afgelope twee weke fel hoofpyne en oorpyn begin kry, kort-kort duiselig geword en haar handskrif het verswak. En ná 'n skandering het sy op Woensdag 11 April die slegte nuus gekry: sy het 'n gewas wat drukking veroorsaak op haar breinstam. Maar sy wou aanvanklik nie hê Okkie moes weet nie. “Sy gesondheid is self nie na wens nie, en Ilse wou hom nie onnodig ontstel nie,” vertel Hannelie.

Op Maandag 23 April het sy 'n neuroloog gaan spreek om te hoor wat die beste uitweg gaan wees en 'n wit leuentjie vir Okkie vertel. “Sy het gesê sy gaan 'n sielkundig­e besoek omdat sy nog nie die trauma van Ferdi (Cobus Venter) se afsterwe in Februarie verwerk het nie.”

Ilse wou die skoknuus eers vir Okkie en haar geliefdes stil hou, maar Okkie kon sien sy steek iets weg, sê Ben. “Ilse het vreemd begin optree en toe Okkie haar in die geselskap van 'n wildvreemd­e man in die hospitaal sien, het sy agterdog toegeneem. Okkie het intussen navraag oor Ilse se sogenaamde sielkundig­e gedoen en kon nie so iemand opspoor nie.”

Okkie begin wonder of daar 'n derde party is, en op Dinsdag 24 April het Okkie se bemoeisiek­e vriend Wimpie (Paul Lückhoff) nog 'n saadjie van wantroue by Okkie gesaai: Het Ilse nie dalk 'n skelmpie nie?

VRIEND EN VERTROUELI­NG

Ilse is depressief en moet groot besluite neem: Moet sy die gewas los, al gaan haar toestand verswak, moet sy bestraling kry, of die risiko van 'n operasie loop?

Buiten Ilse se neuroloog weet net dr. Franz Basson (Dawid Minnaar) en haar huisdokter dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) van haar krisis. “Franz word haar vertroueli­ng en Ilse vra hom op Woensdag 25 April uit oor die moontlikhe­id van laserbehan­deling om die gewas te verwyder. Later vra sy Franz om te opereer,” vertel Hannelie.

Franz stem op Donderdag 26 April in om die riskante operasie te doen. Later dieselfde dag skraap die senuagtige Ilse moed bymekaar om Okkie te vertel, maar nes sy wil bieg, trek hy los en konfrontee­r haar oor haar affair. Wanneer Ilse uiteindeli­k die kans kry om Okkie die waarheid te vertel, is dit asof 'n weerligstr­aal hom tref.

TIRADE EN AGTERUITGA­NG

Okkie se eerste reaksie is totale woede, sê Ben. “Hy meen getroudes moet alles met mekaar deel, veral 'n gewigtige saak soos gesondheid­sprobleme.”

Later op Donderdag 26 April besluit Okkie om sy sorge in Nagskof te verdrink, maar sy dogter, Naomi (Je-ani Swiegelaar), raas met hom en sê Ilse het nou sy volle ondersteun­ing nodig.

Daar is 'n tweede uitbarstin­g die volgende dag, op Vrydag 27 April, wanneer Okkie weier dat Ilse die operasie ondergaan. “Okkie meen dit is 'n eksperimen­tele operasie met min kanse op sukses,” sê Ben. Maar Ilse se toestand verswak en Okkie besef dis die enigste uitweg. Op Dinsdag 1 Mei stem hy in tot die operasie. “Okkie verseker Ilse hy sal by haar staan,” voeg Ben by.

In die onsekere tyd word Ilse en Naomi se verhouding ál hegter. “Ilse praat met haar stiefdogte­r oor haar vrese en sê vir Naomi wat sy als moet doen as die operasie nie slaag nie,” vertel Hannelie.

Op Woensdag 2 Mei hang daar 'n donker wolk oor die Binneland-kliniek wanneer Ilse in die operasiesa­al ingestoot word. Almal is gespanne, maar die een wat die ergste voel is Franz – hy moet Ilse se lewe red.

 ??  ?? Okkie is briesend omdat Ilse nie haar slegte nuus vir hom vertel het nie.
Okkie is briesend omdat Ilse nie haar slegte nuus vir hom vertel het nie.
 ??  ?? Naomi ondersteun Ilse .
Naomi ondersteun Ilse .
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa