TV Plus (Afrikaans)

Liefde in die lug

Karli is agter Arno aan, maar hy hou meer van Pippa.

-

Die verpleegst­er Karli (Pascal Pienaar) gooi haar flikkers die afgelope week kliphard vir die polisieman Arno (Stiaan Smith). Maar wanneer Pippa (Nadia Valvekens), wat sedert Maandag 16 April vir Arno noodhulpkl­asse gee, besef Arno maak eintlik vir haar (Pippa) ogies, moedig sy hom aan om eerder aandag aan Karli te gee.

“Pippa voel sy is nog nie gereed vir ’n verhouding nie, en haar prioriteit­e is haar kind en haar loopbaan,” vertel Nadia. Maar die polisieman gooi nie so gou tou op nie.

“Arno voel seergemaak omdat Pippa hom so gemaklik eenkant toe stoot wanneer hy haar aanhoudend uitvra. Tog hou hy van die nuwe uitdaging en begin stadig maar seker besef hy wil graag vir Pippa baklei,” vertel Stiaan.

BEDRYWIGE ENKELMA

Die groot vraag is: gaan Pippa, wat ’n lang geskiedeni­s van mislukte liefdesver­houdings het, haar hart weer oopstel vir ’n nuwe liefde? Behalwe dat Pippa ’n bedrywige enkelma is en nie baie tyd het vir ’n vaste verhouding nie, het sy aanvanklik nie veel ooghare vir Arno nie. “Arno is arrogant. Pippa het voorheen voor dieselfde soort ouens met ’n groot ego geswig, en nou is sy skrikkerig om in dieselfde slaggat te trap,” vertel Nadia.

Op Donderdag 26 April begin Pippa Arno se uitnodigin­g heroorweeg, want sy was jaloers toe Arno die vorige aand vir Karli uitgeneem het. “Watter vrou hou nie van aandag nie? Dis mos maar ’n ego-ding. Boonop moedig haar vriendin Bronwyn (Kim Cloete) Pippa heeltyd aan om met haar lewe voort te gaan,” sê Nadia. Sy SMS vir Arno dieselfde dag: “Oukei. Ek was ’n bietjie jaloers. Een date sal lekker wees. P.”

Arno is in die wolke: “Hy’s opgewonde omdat hy nou die geleenthei­d het om homself aan Pippa te bewys. Toegegee, Arno kom baie selfversek­erd oor, maar dit is nie altyd die geval nie,” voeg Stiaan by.

EERSTE AFSPRAAK

Arno en Pippa voel tydens hul eerste afspraak op Vrydag 27 April soos tieners. “Hoe langer hulle gesels, hoe meer ontspan Pippa,” vertel Stiaan. Nadia stem saam: “Hulle albei voel aan die einde van die aand die tyd het gevlieg.”

Die volgende dag glinster Pippa se oë. “Pippa vertel vir Bronwyn sy kyk met nuwe oë na Arno, en Bronwyn is saam met haar verheug omdat die afspraak so goed verloop het.”

En nou begin die liefde in alle erns blom. Op Maandag 30 April verras Arno Pippa by haar woonstel met aandete, en op Woensdag 2 Mei vang Arno haar onkant met ’n eerste soen. “Pippa voel vir die eerste keer in ’n lang tyd verlief. Arno laat haar werklik spesiaal voel,” sê Nadia.

Arno vra die volgende dag (3 Mei) hoflik om verskoning omdat hy Pippa onkant gevang het met die gesteelde soen. “Maar hy vra nie om verskoning vir die soen nie,” sê Nadia met ’n glimlag.

JALOERS

Hoewel die Binnelande­rs almal opgewonde is oor Pippa se nuwe liefde, is Pippa se eksverloof­de dr. Conrad Bester (Hykie Berg) groen van jaloesie. “Hy waarsku Pippa dat sy nie ‘gevaarlike’ mense soos ’n polisieman in haar lewe moet toelaat nie,” vertel Nadia. “Ek dink Conrad is buite perke, en hy gun haar nie geluk en nuwe liefde nie. Eintlik is dit niks anders as suur druiwe nie, want Conrad het meer as een keer ’n kans gehad om Pippa se liefde te wen. Pippa beskou Conrad as die verlede, hoewel daar seker altyd ’n sterk band tussen hulle sal wees.”

Is Arno dan uiteindeli­k die een vir Pippa? Nadia antwoord eerlik: “Dis nog te vroeg om ’n afleiding te maak, maar die tyd sal leer. Daar is weliswaar ’n sterk aantrekkin­gskrag tussen hulle.”

Stiaan is positief. “Arno voel elke dag meer ernstig oor die blondekop. En hy oorweeg vir die eerste keer in ’n lang tyd ’n hegte verhouding.”

2005: Dr. At Koster (Hans Strydom) se swartskaap­seun Malan (Paul du Toit) en Pippa was verlief, maar nadat Malan Pippa met die paramediku­s Roxy (Tanya van Graan) verkul het, het Pippa die verhouding verbreek. Malan is in 2014 uit Binnelande­rs weg, maar het in 2015 teruggekee­r. Hy sterf dieselfde jaar in ’n motorongel­uk. 2009: Die plastiese chirurg dr. Nathan Richards (Karl Thanning) en Pippa se verhouding was van korte duur nadat sy uitgevind het sy het endometrio­se wat ’n vrou onvrugbaar kan maak. Sy het geweet Nathan wou ’n string kinders hê en wou hom nie dié voorreg ontneem nie.

2011-2012: At se ander seun

dr. Conrad Bester (Hykie Berg) en Pippa sou in 2012 trou, maar Conrad het die dag voor die troue vir Pippa vertel hy het haar verkul met haar beste vriendin

Stefanie (Rolanda Marais). Pippa het Conrad voor die kansel gelos. Nadat Pippa en Alex (Ashley Dowds) se verhouding verlede jaar verby is, het Conrad weer ’n rukkie by haar gekuier. Hy was op die punt om Pippa weer te vra om te trou maar het besef sy het nog nie haar oorlede man, Rian (Erik Holm), se dood verwerk nie. 2008: Die ginekoloog dr. Andreas

Geldenhuys (Heinz Winckler) en Pippa het ’n passievoll­e maar ’n kortstondi­ge verhouding gehad voordat hy groener weivelde gaan soek het.

2013: Die sportiewe dr. Gustav Kemp (Stefan Ludik) wou bitter graag hê Pippa moet aan sport deelneem soos hy. Hul verhouding was uiteindeli­k op die rotse omdat sy leefstyl te roekeloos was na Pippa se sin. 2014: Die biljoenêr Rian

Malherbe (Erik Holm) was voorheen met Stefanie (Rolanda Marais) getroud, en hy en Pippa het in 2014 afgehaak. Hulle was baie gelukkig, maar Rian het in 2016 tragies in ’n vliegongel­uk gesterf nadat sy korrupsie op die lappe gekom het. 2017: Die enkelpa Alex (Ashley Dowds) en Pippa het by ’n organisasi­e vir enkelouers ontmoet. Maar Alex en sy eksvrou, Nicci (Samantha Peo), het om praktiese redes steeds saam gebly. Pippa kon dit nie langer verduur dat Alex en Nicci se paadjies nie finaal skei nie en het Alex gelos.

 ??  ?? Pippa en Arno is verlief.
Pippa en Arno is verlief.
 ??  ?? Die polisieman Arno en Pippa.
Die polisieman Arno en Pippa.
 ??  ??
 ??  ?? Gustav en Pippa.
Gustav en Pippa.
 ??  ?? Andreas by Pippa.
Andreas by Pippa.
 ??  ?? Roxy en Malan.
Roxy en Malan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa