TV Plus (Afrikaans)

’n Oog vir ’n oog

Skhalo wil sy pa se dood wreek deur Getty te vermoor.

-

Die nuwe sangoma Getty (Andisiwe Dweba) se nagmerrie het pas begin. Sy het “gereinig” gevoel op Dinsdag 17 April ná sy vir haar geldvoorsk­ieter Bra Pops (Thulane Kubheka) se familie gesê het sy moet die skuld dra vir sy onopgelost­e moord in 2015. Maar eintlik is haar suster

Lucy (Manaka Ranaka) die moordenaar, want Lucy het Pops met ’n mes gesteek tydens sy aanval op Getty. Hoewel Getty verlig voel, bring die waarheid vir haar moeilikhei­d op Woensdag 25 April, want Pops se seun Skhalo (Wiseman Ncube) soek wraak. “Getty moet boet vir wat sy gedoen het! Hy treur nog en is kwaad,” sê Wiseman. Volgens Skhalo verdien sy dieselfde lot as sy pa: ’n pynlike dood.

VISIOEN WAT WAARSKU

Getty se konneksie met die voorvaders het haar bas gered op Woensdag 18 April toe sy in ’n visioen gewaarsku is oor Skhalo se plan. “Sy het gesien hoe hy sy wraak beplan,” sê Wiseman. “Skhalo is vasbeslote hy wil haar doodsteek.” Wiseman voeg by Skhalo se mo- tivering is tweeledig: “Volgens hom het Getty sy pa soos ’n hond behandel deur sy liggaam in die veld te los sonder enige antwoorde vir sy familie. Hoewel sy nog altyd vir sy familie die waarheid wou vertel, het sy gekies om te wag tot die seremonie om sy gees ter ruste te lê verby was. Dit maak Skhalo briesend dat sy gewag het tot haar belange gedien is – en daarvoor moet sy boet!”

REG VIR OORLOG

Ná nog ’n visioen smeek Getty Skhalo op Dinsdag 1 Mei om die hartseer saak te laat gaan, maar hy antwoord kortaf: “Jy gaan sterf!” Wiseman voeg by: “Bra Pops was Skhalo se held. Om sy pa te verloor het Skhalo se lewe ingrypend verander. Hy moes te gou grootword en sonder enige opleiding die hoof van die familie word.” Wanneer sy besef nie eens die voorvaders kan Skhalo kalmeer nie, draai Getty haar rug op haar sangomapli­gte en blameer dit vir haar moeilikhei­d. Maar dis nie die einde nie, sê Wiseman. “Getty het met haar lewe aangegaan terwyl Skhalo se familie gely het. Getty moet pyn voel, Skhalo is dit aan sy pa en sy familie verskuldig.”

 ??  ?? Skhalo (inlas) is vasbeslote Getty moet boet ná sy bieg oor sy pa se dood.
Skhalo (inlas) is vasbeslote Getty moet boet ná sy bieg oor sy pa se dood.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa