TV Plus (Afrikaans)

Amperse moord

Iemand wil Tbose en Kwaito se slagoffer, mnr. Spiller, stilmaak.

-

Die ingenieur- dosent mnr. Spiller (Jürgen Hellberg) veg om sy lewe in die hospitaal nadat die studente Tbose en Kwaito (Cornet Mamabolo en Clement Maosa) hom vroeg in April met ’n gholfstok bygedam het omdat hy Kwaito se projek gesteel het. Al staar ’n klag van poging tot moord die jong mans in die gesig op Donderdag 26 April, het mnr. Spiller dieselfde dag ’n onwelkome besoeker wat die studente se werk wil klaarmaak. “Spiller vrees vir sy lewe,” waarsku Jürgen. “Hy is hulpeloos teen die aanval. Dis verby!”

ONDER BELEG

Spiller se dokters kom ingestap net wanneer die voorgenome sluipmoord­enaar op Vrydag 27 April regmaak om hom te verwurg. Jürgen erken dis ’n aaklige gevoel, al het hy net toneelgesp­eel. “Dis vreeslik. Spiller voel magteloos. Hy het baie mense in sy lewe te na gekom en hy het erken hy is ’n bedrieër met baie vyande. Vir die eerste keer in sy lewe voel hy hulpeloos, maar sy dokters laat die aanvaller vlug.” Oortuig daarvan dat hy min dae oor het, bel Spiller die polisie op Maandag 30 April vir bykomende beskerming in die hospitaal. Hy hoop dit sal help om sy gewete te sus, verduideli­k Jürgen. “Sy rustelose aande laat hom skuldig voel omdat hy Kwaito uitgebuit het, want daar was ’n konneksie tussen hulle. Maar hy moes Kwaito se prototipe steel – dit sou vir hom baie geld maak en hy kon sy skuld betaal.” Ondanks Spiller se optrede is Jürgen oortuig daarvan sy karakter is nie ’n slegte ou nie. “Hy doen slegte dinge om aan die lewe te bly. As hy kon teruggaan en alles regstel, sou hy.”

PARANOÏESE PASIËNT

Elke vreemde geluid maak Spiller senuagtig, veral op Dinsdag 1 Mei tydens die personeel se skofwissel­ings, sê Jürgen. “Hy’s bekommerd die persoon kan enige tyd terugkom en hom vermoor.” Hy eis op Woensdag 2 Mei dat daar by elke deur ’n polisieman staan, maar die hospitaalr­aad dink hy’s gek, vertel Jürgen. “Hy tel die dae af. En die persoon sal terugkom . . . gou.”

 ??  ?? Mnr. Spiller is hulpeloos wanneer die persoon wat hom wil vermoor, inglip om dit te doen.
Mnr. Spiller is hulpeloos wanneer die persoon wat hom wil vermoor, inglip om dit te doen.
 ??  ?? Tbose (links) en Kwaito is in ernstige moeilikhei­d.
Tbose (links) en Kwaito is in ernstige moeilikhei­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa