TV Plus (Afrikaans)

Onmin in die huis

Ranthomeng en Imani se “nuwe” huwelik is reeds op die rotse weens sy ontrouheid.

-

Vir buitestand­ers lyk Ranthomeng en Imani (Brian Temba en Zonke Mchunu) se huwelik perfek. Maar agter geslote deure is dit ’n heel ander storie vir die paartjie wat op skerm net langer as ’n maand man en vrou is – en byna twee jaar danksy Muvhango se tydsprong van 18 maande op Donderdag 29 Maart. “Dis ’n liefdelose huwelik,” kla Zonke. “[Die sakeman] Rantho is altyd weg en verwaarloo­s Imani.” Sy dring op Woensdag 25 April op ’n egskeiding aan en “Ranthomeng is onkant gevang en raak paniekerig”, erken Brian. “Dit het as ’n vinnige huwelik begin. Daar was geen tradisione­le seremonie nie. Geen lobola nie. Net ’n vinnige hoftroue. Maar nou is hulle saamgebind.”

BONS TERUG

Voor die sepie se 29 Maart-tydsprong het Ranthomeng se lewe tot stilstand gekom op Woensdag 28 Maart met die dood van sy vrou

Thandaza (Sindi Dlathu, wat in Januarie by The River aangesluit het). “Dit het hom ‘’n ruk’ geneem om te herstel” sê Brian, wie se karakter weer getroud is teen die volgende aand se episode. “Hy het gehunker hunker na die stabilitei­t van ’n vrou en Imani is die ma van sy babaseun, daarom het hulle getrou.” Maar Rantho het Imani nie net afgeskeep weens sy werkverpli­gtinge nie – sy gewete dwing hom op Donderdag 26 April om sy ontrouheid te bely. Hy was by sy eksmeisie Buhle (Mmarona Motshegoa) op Donderdag 5 April ná sy Rantho gekontak en hom na haar Sandton-hotelkamer gelok het.

“PRAAT MET MY!”

“Ranthomeng is desperaat om sy huwelik te red,” sê Brian. “Hy besef hy het foute gemaak en wil nie weer alleen wees nie.” Die wêreld weet ook van sy ontrouheid, want Imani skryf op Vrydag 4 Mei daaroor in haar blog The Unhappy Wife. “Hul kommunikas­ie ly daaronder,” sê Brian, en is onseker oor hoe sy karakter hul huwelik gaan red. Ranthomeng sê vir Imani hy wil haar vertroue in hom herstel, maar kan hy eerlik oor alles wees? “Daar is altyd hoop,” sê Brian.

 ??  ?? Imani is gereed om die pad te vat wanneer Ranthomeng bieg hy het sy vrou verkul.
Imani is gereed om die pad te vat wanneer Ranthomeng bieg hy het sy vrou verkul.
 ??  ?? Ranthomeng het by sy eks Buhle geslaap.
Ranthomeng het by sy eks Buhle geslaap.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa