TV Plus (Afrikaans)

Die ma ontplof!

Jennifer sien meer as rooi wanneer sy besef wat Eve en haar “babaseun” JJ aanvang.

-

Die groot katgeveg waarop Daysfans al hoop sedert Eve (Kassie DePaiva) in Januarie vanjaar met haar dogter, Paige ( True O’Brien), se kêrel JJ (Casey Moss) begin flirt en hom daarna verlei het, het uiteindeli­k aangebreek. JJ se ma en Eve se aartsvyand, Jennifer Horton (Melissa Reeves), is gewoonlik so mak soos ’n lammetjie, maar sy ontplof wanneer sy Eve en JJ op Dinsdag 1 Mei saam in die bed betrap. Sy takel Eve en klap haar, probeer haar met ’n kussing versmoor en skree sy’s ’n siek monster en veragtelik­e feeks. “Die konfrontas­ie is iets wat fans nie wil misloop nie,” belowe Kassie. “Melissa lewer ’n supersterv­ertolking!”

MES IN DIE HART

Melissa se Jennifer-karakter se tirade duur voort op Woensdag 2 Mei, en sy vra Eve: “Verduideli­k vir my hoekom jy al jou klere uitgetrek en saam met my seun in die bed gespring het? Help jy hom met sy wetenskapp­rojek?” Jennifer vaar ook uit teenoor JJ: “Wat het jou besiel? Ek kan dit nie glo nie. Jy het Paige nie gelos oor ’n ander meisie nie, maar oor haar ma! Dis siek!” En tot Jennifer se afgryse besef sy hoe Eve haar verlekker in dit wat sy al ’n hele ruk lank agter Jennifer se rug met JJ aanvang. “Jy was so ingenome met jouself omdat jy by my seun slaap, jy moes al hierdie walglike, siek skimpe gooi,” sê Jennifer geskok vir Eve. “Haat jy my soveel dat jy seks met my seun sal hê om my terug te kry? Dat jy jou dogter se geluk sal vernietig om my by te kom? Jy kon ’n mes in my hart gedruk en dit heen en weer gedraai het en dit sou nie so seer gewees het soos hierdie verraad nie.”

LOS HOM, OF . . .

Jennifer slaan op Maandag 7 Mei terug met meer as ’n paar klappe. Sy waarsku Eve sy gaan Paige alles vertel indien Eve nie belowe sy sal vir goed van JJ wegbly nie. En die andersins selfvoldan­e Eve is in konflik. “Eve het gevoelens vir JJ,” verduideli­k Kassie. “Is dit liefde, wellus, haat, jaloesie? Sy worstel met al hierdie gevoelens.” Kykers sal Eve seker self iets wou aandoen, voeg die aktrise by. “Hulle sou waarskynli­k wou hê die kussing moes ’n bietjie langer op haar gesig gebly het,” skerts Kassie.

 ??  ?? Dis oorlog wanneer Jennifer (inlas) haar seun JJ en Eve saam in die bed betrap.
Dis oorlog wanneer Jennifer (inlas) haar seun JJ en Eve saam in die bed betrap.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa