TV Plus (Afrikaans)

3de keer gelukkig?

Steffy en Liam se Australies­e troue het meer as net ’n gelukkige einde: daar’s drama, ’n val in die see en liefdesvet­es!

-

Bold se dramakonin­gin Steffy Forrester en haar verloofde Liam Spencer (Jacqueline MacInnes Wood en Scott Clifton) trou op Woensdag 25 April in Sydney, Australië, van alle plekke. Hulle is op die punt om “ja” te sê voor ’n klein groepie uitgesoekt­e familie en vriende . . . onder andere die rooikop

Sally Spectra (Courtney Hope), hul “ongenooide” gas wat daar is as Thomas

Forrester (Pierson Fodé) se metgesel by die troue. “Natuurlik is Steffy nie beïndruk met Sally se teenwoordi­gheid nie, maar sy gaan nie toelaat dat ’n Spectra haar gelukkige dag bederf nie,” sê Jacqueline. Dit beteken nie die dag se drama is verby nie, inteendeel, die Forresters het pas begin!

GEK STEFFY

Die bruid stap nie na die kansel toe nie – Steffy kom met ’n foefieslaa­id aangegly, wat Quinn (Rena Sofer) sprakeloos laat. “Moet ek haar net Tinker Bell noem?” vra sy vir manlief

Eric (John McCook), “want die aankoms was gek!” Jacqueline verduideli­k: “Steffy wou [vir haar aankoms] iets doen wat nog nie voorheen gedoen is nie – iets onvergeetl­iks en cool.” Steffy en Liam het net oë vir mekaar tot hulle as man en vrou verklaar word op Woensdag 25 April, en hulle verseël hul liefde met ’n soen. En met almal om hulle wat hulle toejuig, boender Liam die gaste in die snelbote wat op Donderdag 26 April wag, gereed om hulle na ’n strandonth­aal te neem by die beroemde Shelly Beach. Maar omdat dit Bold is, “begin die aksie regtig by die onthaal”, terg Bold se uitvoerend­e vervaardig­er, Bradley Bell. “En dit verander vinnig in hewige konflik en hartseer. En iemand gaan in die water beland!”

VERTOONKON­INGIN

Terwyl Steffy Thomas die kop was omdat hy “die vrou” saamgebrin­g het, gryp Sally haar foon en stap weg om enige drama te vermy. Sy bel haar tant Shirley (Patrika Darbo) in LA en vertel haar die jongste “nuus” van wat in Australië gebeur. Steffy sien Sally raak, storm op haar af op Vrydag 27 April, en beskuldig Sally daarvan dat sy steelfoto’s van haar trourok geneem het. “Steffy weet wanneer Sally in die omgewing is gaan daar altyd iets sinisters aan,” sê Jacqueline – en sy’s nie verkeerd nie. Steffy skree vir Sally: “Jy probeer net munt slaan uit my sukses, soos jy altyd doen. Maar die keer gaan dit nie gebeur nie.” Voordat Sally iets kan sê, gryp Steffy haar en Sally beland in die see [lees verder vir meer oor hoe Bold die toneel verfilm het]. “Dis nie snaaks nie!” skree Sally vir Steffy en Thomas, wat aangehardl­oop kom wanneer hy die katgeveg sien. Thomas sien die ligter kant van dinge en probeer ’n woedende Sally uit die water vis voordat sy na die hotel toe storm om haarself af te droog en tot bedaring te kom. “Dit was ’n goeie maagval, of moet ek sê duikslag . . .’’ vertel Thomas grappender­wys vir Steffy.

UIT EN GEDAAN

Met dit alles wat aangaan, het niemand by die onthaal agtergekom Quinn vertrek nie. Niemand behalwe haar skoonseun en geheime minnaar Ridge (Thorsten Kaye) nie, wat Quinn na die strand volg. Daar gesels hulle oor hul gevoelens en situasie, wat op ’n einde is, want Ridge maak gereed

om met Brooke (Katherine Kelly Lang) te trou. Ridge neem Quinn se hand en sê eerlik vir haar: “Daar was ’n konneksie tussen ons. ’n Vonk. Dit was baie vreemd en baie spesiaal. En dis 100 persent verby.” ’n Glimlaggen­de Quinn sê “dankie” en hulle soen vir oulaas. Oeps – hulle weet nie Brooke het ook langs die see gaan stap nie en sy kyk om ’n hoekie op Maandag 30 April na hoe haar verloofde sy skoonma soen. “Brooke raak ontsteld en woedend,” sê Katherine. “Sy besef haar aanstaande man, haar sielsgenoo­t, het heeltyd vir haar gejok. Nou is dit oorlog,” waarsku Katherine.

LEWENDE SIEKTE

Later die dag probeer Quinn dinge met Brooke uitstryk, en sê vir Brooke “dis nie soos dit gelyk het nie!” Maar Brooke luister nie en kap terug: “Jy’s siek. Jy’s boos. Jy is soos ’n siekte wat een vir een oor ons kom. Tot hiertoe en nie verder nie! Jou tyd is verby.” ’n Skaapagtig­e Ridge probeer Brooke kalmeer, maar sy sis dit is tyd om Eric te vertel – en dit beteken moeilikhei­d! Die ontroue paar smeek Brooke om hul geheim te bewaar, maar dit lyk of Brooke klaar besluit het, sê Katherine. “Sy het regtig gedink hierdie keer sou dinge anders wees met Ridge. Hulle was veronderst­el om gou ná Steffy en Liam te trou en nou gaan dit nie gebeur nie. Sy is verpletter en seergemaak, dus kan ’n mens jou indink sy sal enigiets in haar vermoë doen om die twee terug te kry. Dis ’n dubbele ramp!” Ridge en Quinn volg Brooke terug na haar hotelkamer en oorreed haar om hulle nie te ontmasker nie. Sy stem in om stil te bly in die lig van wat dit aan Eric se reeds swak hart kan doen ná sy mediese probleme in 2017, maar Brooke se sus Katie (Heather Tom) is ’n ander storie. Sy sou alles kon onthul om haar voet in die deur by Eric te kry as Quinn uit die pad is. Een ding is seker: Brooke en Ridge gaan nie in die afsienbare toekoms trou nie.

NAT & WILD

Fans moet op Vrydag 27 April kyk wanneer Sally op haar maag in die see beland. Jy sal dalk ’n ligte veranderin­g in die haarkleur merk wanneer Sally die water tref. Dis haar karakter Courtney se waaghalsdu­bbelganger Jackie Murray. Die 39-jarige sê: “Dit was pret en ek het nie omgegee vir die water nie, want dit was regtig warm.”

 ??  ?? Bold was regtig in Australië vir Steffy en Liam se troue – alles is ’n jaar vooruit beplan om seker te maak die stelle, kostuums, die filmspan en toerusting was gereed vir die storielyn wat in Maart 2017 in die VSA uitgesaai is.
Bold was regtig in Australië vir Steffy en Liam se troue – alles is ’n jaar vooruit beplan om seker te maak die stelle, kostuums, die filmspan en toerusting was gereed vir die storielyn wat in Maart 2017 in die VSA uitgesaai is.
 ??  ?? Steffy weet hoe om haar aankoms treffend te maak.
Steffy weet hoe om haar aankoms treffend te maak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Steffy se ongewone trourok is ’n kantbroekp­ak met ’n romp wat om die middel vasmaak.
Steffy se ongewone trourok is ’n kantbroekp­ak met ’n romp wat om die middel vasmaak.
 ??  ?? Die nuwe bruid Steffy (links) en Sally het ’n konfrontas­ie naby die water.
Die nuwe bruid Steffy (links) en Sally het ’n konfrontas­ie naby die water.
 ??  ?? Australiër­s is A$500 (R4 600) betaal om op die agtergrond te wees vir die troue.
Australiër­s is A$500 (R4 600) betaal om op die agtergrond te wees vir die troue.
 ??  ?? Courtney glip in die water, maar haar dubbelgang­er het die val gedoen.
Courtney glip in die water, maar haar dubbelgang­er het die val gedoen.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa