TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Thorne vra Katie of sy bereid is om haar seun te verloor weens haar affair met Wyatt, en Ridge konfrontee­r Bill omdat hy voordeel trek uit Steffy se situasie. Die polisie herskep die misdaadton­eel en ondervra Bill oor die skietery. Brooke waarsku Ridge om sy gevoelens van haat in toom te hou, anders gaan hy in die tronk beland vir die skietery, al het Bill die klag dat Ridge hom geskiet het, teruggetre­k. Steffy smeek Liam om nie saam met Hope te werk nie, en Steffy en Ridge is oortuig daarvan Hope wil Liam en Steffy se huwelik ruïneer ná hul woordewiss­eling oor wat die beste is vir Liam.

DAYS

Die hof bevind Gabi het André doodgemaak, Hope besluit om Rafe te verlaat, en Brady gaan ’n weddenskap aan oor of hy en Eve weer bymekaar gaan uitkom. Lucas vind uit hoe dit is om op die agtergrond te wees weens Chloe se loopbaan wanneer sy ’n aanbod oorweeg om ’n ster in Mexiko te word, en Adrienne bied Will ’n kans om ’n sensasione­le storie vir die Salem Spectator te doen. Leo het sy bedenkinge oor Vivian se planne om Sonny te vernietig, Marlena is ’n gevangene van Abigail nadat sy een van haar alternatie­we identiteit­e gekonfront­eer het, en John soek na Marlena.

Y&R

Victoria en JT kondig hul verlowing aan, maar Victoria haal gou die ring af wanneer sy uitvind wat JT agter haar rug aanvang – en hul konfrontas­ie kan JT na sy graf stuur. Billy span saam met Jack wanneer hy bewus word van Nick en Phyllis se band, en Sharon en Phyllis sit vas oor Nick. Ashley word Newman Enterprise­s se nuwe uitvoerend­e hoof, en Kyle probeer agterkom wat agter Dina se geheim sit, en hy wil ook weet wat die ware identiteit van Jack se pa is. Elders hoor Nick wat die naam van Victor se geheimsinn­ige besoeker is.

 ??  ?? Gabi word skuldig bevind aan moord.
Gabi word skuldig bevind aan moord.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa